Man doodgeskok toe hy op elektriese draad trap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is dood nadat hy uit sy motor geklim en op ʼn elektriese draad getrap het in Margate, KwaZulu-Natal.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die 59-jarige man het glo Saterdagmiddag sy motor langs die pad in Seaslopes-rylaan stilgehou.

Volgens Steinmann het die man uit sy motor geklim waarna hy glo op ʼn elektriese draad getrap het. “Paramedici het probeer om die man by te bring maar hy is op die toneel dood verklaar”.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Kan net toegeskryf word aan nalatigheid deur die betrokke werkers/kontrakteurs, hul moet vervolg word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.