Man doodgeslaan oor vermoedelike ‘ontvoering’

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn KwaZulu-Natalse man wat sy vriend se 11-jarige seun by hom in ʼn voertuig gehad het, is Dinsdag glo deur gemeenskapslede doodgeslaan omdat die woedende skare gedink het hy het die seun ontvoer.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn pa, sy seun en die pa se vriend het omstreeks 17:00 in ʼn straat in Pinetown stilgehou. Die pa het uitgeklim om vir sy seun te gaan kos koop en die vriend het saam met die seun in die voertuig gewag.

“Die man het ná ʼn rukkie teruggekeer en gesien sy voertuig is omgekeer en ʼn skare is besig om sy vriend aan te rand. Die gemeenskap het vermoedelik gedink dat die vriend die kind ontvoer het,” het Mbhele gesê.

“Sy vriend het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Nog ʼn onbekende man, wat hom glo probeer help het, is ook dood.”

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die voorval ten sterkste veroordeel. “Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om saam met die polisie te werk en moontlike misdade aan te meld eerder as om die reg in eie hande te neem,” het Langa gesê.

Mbhele het gesê die polisie probeer steeds die naasbestaandes van die onbekende man opspoor. “Die swart man was ongeveer 40 jaar oud. Hy het blou jeans en ʼn grys T-hemp aangehad. Mense met meer inligting word versoek om ao. Mwandla by 078 700 6659 te bel of die Stop Misdaad-nommer, 0860 010 111, te skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Louise ·

Ons WONDERLIKE land word n grap van gemaak deur onopgevoede MENSE, wat kan MOORD pleeg soos hulle wil en doen net wat hulle wil. WATSE GRAP is dit net nie.

Skokkend ·

Nou ja toe, dit noem ek nou gesofistikeerd, opgevoede en geleerde Suid Afrikaners. Dit noem ek nou mense wat gerespekteer moet word, mense wat die toekoms van SA is en die land moet bestuur. EN hiervan gaan natuurlik weer niks kom nie want mob justice is heeltemal aanvaarbaar in SA. ARME man wat met sy lewe moes boet vir iets wat hy NIE gedoen het nie .. NOG ‘n onskuldige man wat deur barbare doodgeslaan is .. ek kan nie glo dat die regering en polisie steeds wegkyk nie! Waar is ons liberale maters nou? Julle ondersteun mos hierdie tipe van ding dan nie?

Hendrik ·

Wat ook skokkend is dat hierdie mense het stemreg en bepaal die toekoms van die land asook jou kinders se toekoms.

Cherokee ·

Vertel bietjie hoeveel sê het ‘ons’ waarvan jy praat.

Hennie ·

Dis die gevolg omdat die polisie grootliks aan die slaap is. Die gemeenskap is gewoond daaraan dat polisie voete sleep, hoe moet hulle samewerking met die gereg vertrou is dit die algemene tendens is?

Ben ·

Dis snaaks, of is daar nou ñ draai in die joernalistiek.
Ten minste kan ons nou sien watter kleur en ras van geskryf word.
Hou so aan. Dalk sal meer mense nou julle nuus lees.

Penellope Jones ·

Dis een van die talle berigte wat my sprakeloos laat.

Fritz Deelman ·

Nee, hy was maar n skamele 11jaar oud.
Jig hierdie kontinent is darem maar wreed… Barbaars

Frik Swanepoel ·

Ten minste het hulle nie die 2 mans probeer skrik maak deur hulle in n kis te druk nie….wonder of daar enige opspraakwekkende hofsake sal kom. Grap net….ek weet daar sal nie

$ ·

Waarom is die berig stil oor of iemand in hegtenis geneem is? Gaan die Valke ook nou betrokke raak soos met die Parys-boere?

Hoe word die ras van die oorledene skielik genoem? Wanneer verdagtes gesoek word en ‘n beskrywing gegee word na wie die publiek moet help soek word ras altyd verswyg…

Frik ·

Ten minste het die verskriklike kwaad nense nie die 2 dooies in n kis probeer druk nie….dit sou net plain onmenslik wees. Snaaks hoe die wet diskrimineer.

Saartjie ·

Iets is darem nie heeltemal pluis hier nie. Daar is elke dag talle mense wat saam met kinders in hulle motors buite winkels sit en wag. Waarom sou mense vermoed hy probeer die kind ontvoer? En ek stem saam, jennefer, ‘n 11-jarige kind kan mos die situasie verduidelik of uit die motor spring en sy pa gaan roep?

Theresa ·

Op 11 kan mens regtig al praat en skreeu vir die vale. En die hordes kon tog nie SO stil-stil die man doodgeslaan het nie? Het niemand binne-in die winkel dit gehoor nie? Hoop ons lees die uiteinde van hierdie geval.

amvi ·

Is dit nuus vir party? Hulle doen dit dan elke dag aan mens en dier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.