Man doodgesteek in Jan Kempdorp

Argieffoto

Argieffoto

Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn man in die vroeë oggendure in Jan Kempdorp in die Noord-Kaap doodgesteek is.

Volgens lt. Donald Mdhluli van die polisie het die man ʼn steekwond in sy bors gehad. Die man is na bewering doodgesteek in ʼn geveg tydens ʼn poging tot roof.

Na ʼn soektog is drie mans gearresteer en ʼn mes is by een van hulle gekonfiskeer.

Mdhluli sê die mans word aangekla van moord en kan moontlik ook met ʼn rooftog verbind word. “Klaarblyklik was die polisie besig om die drie verdagtes in hegtenis te neem toe ʼn klaer by die kliëntedienssentrum opgedaag het om ʼn rooftog aan te meld. Hy het toe twee van die drie verdagtes herken en identifiseer,” aldus Mdhluli.

Die mans sal na verwagting eersdaags in die Jan Kempdorp-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.