Man doodgesteek in Pta-hospitaal

Argieffoto

ʼn Man is doodgesteek in ʼn dokter se spreekkamer in die Louis Pasteur-hospitaal in Pretoria.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Donderdag plaasgevind.

“Volgens die inligting tot ons beskikking word beweer die man was in die dokter se spreekkamer toe ʼn man (23) hom aangeval en met ʼn mes gesteek het. Die slagoffer was glo alleen in die spreekkamer ten tyde van die voorval en is verskeie kere gesteek,” het Moloto gesê.

Die voorval het omstreeks 13:00 plaasgevind.

“Die verdagte is gevolglik ontwapen deur sekuriteitswagte en op die toneel in hegtenis geneem,” het Moloto gesê.

Die motief vir die moord is steeds onbekend.

ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak en die verdagte sal binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet J ·

Ek het al gehoor van genadedood maar hierdie is onmenslik.

Driekie ·

Dit is nog meer skokkend as die persoon n kollega is wat mens van weet en nou en dan dalk in selfde hysbak ry!!!!! Inderdaad skokkend!!!! Daar is nou so baie stories en stertjies dat mens sukkel om die waarheid te sif! Die feite sal eers laaaaaater uitkom!!! Die lewe is kort ….. Wie weet wat môre bring!!!!

Cherokee ·

As die slagoffer alleen in die spreekkamer was tydens die voorval kon slegs hyself dit gedoen het.

Ann ·

Snaaks dat jy dít sê, die voorlaaste paragraaf sê dan iemand is in hegtenis geneem. O ja, en die slagoffer het verskeie messteke gehad. Wonder hoe het hy dit reggekry?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.