Man doodgesteek in plaasaanval

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Man is vroegoggend doodgesteek tydens ʼn plaasaanval in Mpumalanga.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 01:15 op die plaas Moseley in Barberton in Mpumalanga plaasgevind.

“Na bewering het vyf mans, van wie drie gewapen, op die plaas ingebreek. Daar was twee mans en een vrou in die huis,” het Hlathi verduidelik.

“Daar het ʼn struweling tussen die slagoffer en die verdagtes ontstaan en Pieter Jan van Es (55) is met ʼn onbekende skerp voorwerp gesteek en is op die toneel dood,” het Hlathi gesê.

Volgens Hlathi is die ander twee persone ongedeerd. Hy het bygevoeg dat die slagoffers uiters geskok is en nog nie in staat was om volledige verklarings af te lê nie.

“Die verdagtes het elektroniese toerusting gesteel en dit in die slagoffer se Chevrolet-afleweringsvoertuig gelaai en op die vlug geslaan.”

Die voertuig se registrasie nommer is FVD 843 MP.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van huisroof en moord is aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

cv ·

Net nou die dag het iemand gese hulle het darem lanklaas van ‘n plaasmoord gelees, en daarsy daar begin dit nou weer.

Lynette Rall ·

Die gewone mens op straat het GEEN BENUL wat aangaan op plase nie – tot verlede jaar was daar gemiddeld EEN PLAASMOORD per week (ook daaroor berig in Carte Blanche). Sedert 2017 het plaasmoorde geweldig toegeneem. NET IN FEBRUARIE 2017 was daar 17 (ja, SEWENTIEN) plaasmoorde – NET IN FEBRUARIE. Lanklaas gehoor van n plaasmoord??! Julle het GEEN IDEE NIE….

Corrie ·

Genade net hier by ons! En mens dink altyd sulke goed gebeur net op ander plekke. Mag hulle gou gevang word. RIP PJ van Es. Sterkte aan die familie.

Etta van der Merwe ·

Dit is om die minste te se skokkend en laakbaar. Onskuldige mense se huis word binnegedring deur 5 boewe. Een slagoffer sal nie weer sy oe oopmaak nie. Dit is skrikwekkend dat n groep van 5 mense gaan aanval op n tyd wat mens amper op jou diepste slaap. Skokkend en onvergeefbaar.

Pork Chop ·

Ons volk word een vir een uitgemoor. Waneer gaan ons iets doen omtrent dit. En die wereld kyk verby. Niemand gaan ons kom help nie. Dia tyd. Tyd stap aan.

SUSSA ·

Pork Chop Almal vra wanneer gaan ons iets doen?/ Niemand! Die land gaan sy gang gaan soos dit moet Maar, Vader sal op Sy tyd ingryp en dan sal die 4kleur weer ons volk se vlag wees.
Gaan luister bietjie na Japie van Zyl se goed op google “:Boerseun van Migdol” As jy begin luister klink dit na nee maar luister!!
Ek het hier baie wys geword oor onse volk in RSA

Michael ·

Mense doen aan jou wat jy hulle toelaat ,die boere moet paraat wees en hulself beveilig en indien hulle aangeval word hulself verdedig

oumie ·

Mooi gesê sussa God SAL ons help want ons kan onself nie help nie HY SAL ons lei ons moet onself net paraat hou en Glo want my God is n goeie God en hy slaap nie

AN ·

Sussa, uiters onwaarskynlik dat die vierkleur ooit weer SA se vlag sal wees….

Lampies ·

An
Waar het Sussa die Vierkleurmet SA verbind? Weet jy dat Orania hul eie vlag het?

Robert Stoltz ·

My simpatie met die gesin. Die tyd kom waar ons PRO-AKTIEF sal moet begin optree. En ek praat nie van diefwering en allerhande re-aktiewe maatreëls nie!!!

swart duiwel ·

Nou praat jy maar wie gaan eerste wees om te begin ? Die Apatheidsregering het ons sag gemaak. Ons goedgelowige ou volkie wat na die berg staar en wonder waar sy hulp vandaan gaan kom. Ons het nie die getalle om op te staan teen hierdie oormag nie. Nie te praat van veglus nie

Eben ·

Stem saam. Mens moet ‘n klein fort in jy huis hê om te slaap en jou beskerm. Merk al jou toerusting en skryf die reeksnommers neer. Dit sal dit so biejie makliker maak om die diewe vas te trek.

Danie ·

Ek slaap met `n baie skerp mes onder my kopkussing. Ek sal steek om dood te steek as iwemand my aanval. Ek het ook twee uiters parate Jack Russel honde. Dit is die tipe voorsorgmaatreels wat mens sal moet tref as jy nie `n vuurwapen het nie.

Caru ·

Ekt 4 paintball guns. Gaan kyk bietjie na die arsenaal. Jy sal verbaas wees

Letta ·

Ag “ons volk” groet mekaar nie eers meer nie waar wil jy kom laer trek varktjop. As hulle iets sê is dit om te skinder en kwaad te stook onder mekaar.

sussa ·

Honde in die huis – goeie ding – maar hulle weet dit ook – ander in die huis praat. Mense wees meer paraat!

SUSSA ·

Letta, soooo waar – ons volk gaan nog baie harde bene kou. Baie!!
Hou op ja stem vir die verkeerde ….. ! Gaan doen moeite en vind uit wie is jou naaste en vir wie moet jy STEM. Vader slaap nie.

Big daddy ·

Stem so saam jou. Ons afrikaners het n verfoeilike pitsweer geword. Geen trots meer nie. Skinderbekke kwadraat. En nou praat ek van mans en nie vrouens nie.

Skim - Ek stem LETTA ·

Letta jy slaan die spyker op die kop. Ek het vir 7 persone ‘n sms gestuur en gevra om vir EEN dag, naamlik Vrydag nie aankope te doen nie, ons het probeer die EFFEK wys wat een dag se verlies aan VAT die land gaan kos. EK het so baie SLIM antwoorde teruggekry en so baie verskonings dat ek dit maar gelos het. Die een sê ja maar die regering kry steeds die VAT NA Vrydag, die ander een het ‘n kinderpartytjie aangehad waarvoor sy goed moes koop, die ander een ‘n kitchentea en die ander een koop haar kruideniers op ‘n VRYDAG, nou vra ek jou . dit gaan oor die BEGINSEL van om een dag jou VAT te weerhou NIE van die effek wat dit op die langduur gaan he nie, NET EEN DAG wou NIEMAND hulle aankope by WOOLLIES opgee nie, so ek het nou genoeg gehad van SAAMSTAAN en SAAM iets doen, nou beveilig ek my huis en my gesin, en basta met die res, fight julle maar julle eie fights .. ek gaan NOOIT weer met iemand SAAMSTAAN nie, mense is nog te RYK en GEMAKLIK in SA en gee nie ‘n duit om vir die armblankes nie, solank hulle net geldmaak en by Woollies kan koop. Nou sorg ek ook maar NET vir myself, jammer ek het probeer!!

Marie Visser ·

Snaaks dat hulle so teen kolonialisme gekant is, maar die produkte daarvan is goed genoeg om te steel.

E. Möller ·

Daar staan geskrywe, Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep maar Hy tree op teen die wat kwaad doen. 1 Pet. 3:10 -13. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na. Kry die sonde uit julle lewens uit en bid teen die satanistiese inval wat juĺle huise en gesinne bedreig. Smeer die bloed van die Lam op julle deurkosyne sodat die bose gestuit word om julle huise te betree. Kry al die verfoeilike dinge uit julle lewens uit. Vertrou op God en verbly julle in Sy beloftes aan ons wat Hom liefhet. Dit is AL uitweg, al oplossing, al beskerming want die Satan self sit agter hierdie aanvalle op ons. Asseblief mense luister na die Woord van God en vertrou op Hom.

Charl du Plessis ·

Die realiteit is dat die wat vermoor word wel opreg is en wegbly van die kwaad af en goed doen……maar dit help duidelik nie?

Jay Jay ·

Ek gaan so deur die kommentaar en stem met meeste saam. God het ons KLAAR gehelp. Met logika en gesonde verstand toegerus. Indien jy n sagte teiken is soos op n plaas, moet jy vrede maak om te werk, eet, TV kyk, slaap ens met jou wapen ALTYD by jou. As jy jou wapen gedurig in die kluis toesluit, verkoop dit maar. Nou moet elkeen homself begin help en seker maak jou buurman doen dieselfde. Daar gaan nie hulp uit die lug val nie. Dit is tyd dat ons heeltemal WAKKER WORD. Nie môre nie, vandag nog !

Joe ·

Jay, ek stem. Meeste plaasmoorde stap die moordenaars net eenvoudig in en moor en plunder. Geen elektriese omheinings, en honde ens wat eers oorkom moet word nie. As jy nie geld het om jouself behoorlik te beveilig of te oud is,, hoort jy nie op ‘n plaas nie!! Dit is ongelukkig die feite..

Peet J ·

Volgens my sienswyse het die wittes wat die optogte teen die ANC Zuma, ondersteun het vir hulleself asook ons anti-optogters in ‘n helse onguns gebring by die swartmeerderheid gesien in die lig daarvan dat ‘n rewolusie een of ander tyd gaan plaasvind. Die moontlikheid bestaan ook dat die plaasmoorde nou gaan toeneem. Ek bly op ‘n kleinhoewe en is die afgelope ruk al amper rot en kaal besteel want die kriminele beskik oor die nodige toerusting om inbrake te doen.
My innige simpatie met die slagoffers.

Jean ·

Dankie tog Peet, ek dog dit is net ek wat die ironie daarin gesien het. Hulle het BLANKES gebruik en die videos die buiteland ingestuur van blank en gekleurd wat saam in die OPTOGTE deelneem, min besef dat die swart meerderheid vir ALGEHELE TRANSFORMASIE gaan marsjeer het en die wittes vir Zuma se korruptheid, Ek weet almal is moeg vir die JA STEM storie, maar Vrydag se optog was PRESIES dieselfde, die blankes het toetstemming gegee vir TRANSFORMASIE en GRONDONTEIENING, want dit is hoekom die ander daar was. SO JAMMER vir die man op die plaas wat sy lewe moes verloor, die plaasvaanvalle gaan ongelukkig toeneem, want as julle kyk na die voorgestelde wetsontwerp op grondonteiening beteken dit dat as ‘n blanke sy plaas VERKOOP< hy dit eerste aan 'n swarte moet aanbied .. so ja . wat is die doel agter plaasmoorde? As die boer dood is, verkoop sy vrou die plaas en val dit onmiddellik in die meerderheid se hande!!

swart duiwel ·

Nou praat jy maar wie gaan eerste wees om te begin ? Die Apatheidsregering het ons sag gemaak. Ons goedgelowige ou volkie wat na die berg staar en wonder waar sy hulp vandaan gaan kom. Ons het nie die getalle om op te staan teen hierdie oormag nie. Nie te praat van veglus nie

SARIE VAN HEERDEN ·

Van hoeveel witmense weet julle wat skerp voorwerpe, skere, else, messe, ens. deurentyd met hul saamdra? Daardie goed word gebruik om mee dood te maak. Mense dood te maak. Wat beteken dit? Of anders gestel: wat verstaan jy onder hierdie kommentaar?

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons was ‘n paar keer in Orania en sou so bitter graag daar wou bly maar dis darem baie ver van Pretoria af waar my hele familie woon. Orania is ‘n droom dorp/nog nie stad nie en alles is so ordelik. En moenie dink dis agterlike mense nie. Goed ontwikkelde mense werk saam om hul dorp in orde en skoon te hou. As ek nie kinders gehad het nie sou ek daar wou woon.

Charl du Plessis ·

Sarie-Jy moet juis vir jou kinders se onthalwe daar gaan woon!!

R. Bekker ·

Dis te duur. ‘n Piepklein huisie kos digby ‘n miljoen. Daar is nie huuropsies nie en as jy besigheid wil begin gaan dit jou nog ‘n paar miljoen kos om eers die besigheidsperseel te laat bou. Daar is ook nie werk nie.

vermeende ·

Die ANC het MK om hom en sy eiendom te beskerm (wat niks anders is as n privaat weermag nie) dan is dit seker vir ons geregverdig om ook ons eie privaat weermag (SAW vet’s) te gebruik om om ons mense te beskerm!!

Thalia van Staden ·

Amen! E. Möller. Dankie vir wysheid en bonatuurlike insig!

SUSSA ·

Ek vra weer, gaan luister na die boertjie van Migdol – Japie van Zyl se video’s – baie insiggewend – BAIE! en ja, weereens moet ons paraat wees, ook in ons kennis van ons Vader in die Hemel.

Peet J ·

Sodra faksiegevegte uitbreek tussen die betogers, aktiviste en ANC ondersteuners sal ons wittes se dae kort gemaak word in die NSA. Ons moet nie vir een oomblik dink dat ons wittes enige spesiale bekerming sal geniet nie want ons is alreeds onwelkom hier asgevolg van die feit dat ons teveel grond besit. Wanneer onluste begin hand uit ruk sal ons lyke opgestapel lê en aan die brand gesteek word. Dink maar aan Suid- Sudan waar miljoene die dood in die gesig staar weens wanvoeding en hongersnood. Ons moet maar vergeet van hulp vanaf die buiteland want hulle kan nie eers hulle eie probleme op los nie.

Konrad ·

Wonder regtig waarom Orania se eindomme so fenominaal duur is? GELDWOLWE? Of is dit om gewone mense daar weg te hou? Daar is net ongeveer 1,000 mense. Hul maak dit onmoontlik vir mens om daar te gaan woon of werk en te help met uitbrei. Hul het geen crime nie nee, omdat daar net blankes is ja, maar hulle gaan stagneer as hulle dit onmoontlik maak vir ons mense om soontoe te trek. Ek het probeer, dis onmoontlik!

Jys reg Konrad ·

Ek dink Orania se eiendomme is so duur omdat daar nie tans baie verblyf is nie. Ek dink die aanvraag het skielik die aanbod oorskry, en daar is net soveel grond en soveel eiendom. Hulle is nou besig met nuwe ontwikkelings, maar soos jy inderdaad meld, dit is baie duur. Dit gaan oor een ding, aanbod en aanvraag. Jy moet ook GEKEUR word om daar te bly, ek weet nie presies wat die kriteria is nie, maar daar is ‘n ‘werkersklas’ en dan is daar die ‘ryk’ mense wat daar kom belê en woon. Persoonlik dink ek dit is te klein om al die mense wat tans sien wat in die land aangaan en soontoe wil trek, te akkommodeer. En ja jy sal jou eie werk ook moet skep of vir ander moet werk skep as jy nie ‘n pensioen of ander inkomste het nie .. dink nie dit is net so maklik om daar te arriveer nie.

Bliksoldaatjie ·

En dan march ons saam met dieselfde mense wat moord en roof pleeg in die strate en dink daar gaan ‘n verandering kom as ZUMA waai. As Zuma waai, gaan daar net ‘n MEER rewolusionere leier gekies word wat vinniger transformasie en grondonteiening gaan toepas. Hoe dom kan ons wees? Ons is so broos, en gryp na elke strooihalm en handjie wat na ons as minderhede uitgesteek word, intussen wil die massas Zuma weg he nie omdat hy iets aan hulle doen nie, omdat hy TE MIN vir hulle doen, hulle wag vir hulle plase en werke en eiendomme wat aan hulle belowe is. Een van die kinders het ‘n plakkaat Vrydag vasgehou wat lees “We cash up on the promises made to our parents 22 years ago”, nou wat se dit vir jou?

Charmaine ·

Ja en dan verstaan ek nie hoe ons boere en mense dink nie want in vandag se tyd waar ons bewus is van die moorde en inbrake sluit die wat wapens het en kan skiet dit binne kluise toe!!!! Hoe in hemelsnaam woon jy op ‘n plaas of plot in vandag se lewe maar jou wapens waarmee jy jouself moet beskerm is in ‘n kluis toegesluit? Mens kan dit nie meer doen nie want hulle gaan jou elkgeval dwing om dit oop te sluit want hulle soek dit so dra dit op jou en probeer jouself darem daarmee beskerm! Ek weet waarvan ek praat want ek was self in ‘n gewapende roof op ‘n plot waar ek geskiet is maar ongelukkig het ek nie enige vuurwapen gehad nie maar ek het honde gehad wat my gewaarsku het maar ek het weggekom maar was steeds deur my deur geskiet! Goddank was my lyntjie nog nie getrek nie en het ek oorleef. Sou ek wel ‘n vuurwapen gehad het sou dinge dalk anders wees want ek sou definitief teruggeskiet het. Niemand is ooit daarna in hegtenis geneem nie en dit was maar net nog ‘n aanval op ‘n plot! Wees paraat en wees voorbereid want hulle val aan wanneer mens jou guard helemal laat sak het en dan verras hulle jou!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.