Man dreig met selfdood ná hy vrou glo vermoor

Die polisie die liggaam van vrou met veelvuldige skietwonde in ʼn motor in die parkeerterrein ontdek. (Foto: Verskaf)

’n 34-jarige man het Donderdag gedreig om van ʼn winkelsentrum in Polokwane se dak te spring nadat hy glo sy eggenoot in ʼn motor by dié sentrum doodgeskiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die man egter in hegtenis geneem is en eersdaags in die landdroshof op aanklag van moord sal verskyn.

“ʼn Kennis van die man het hom oorreed om nie te spring nie waarna polisiebeamptes hom gegryp het.”

Die polisie is omstreeks 14:00 na die Shoprite-winkelsentrum op die hoek van Grobler- en Landdros Marestraat ontbied waar hulle die liggaam van ʼn 32-jarige vrou met veelvuldige skietwonde in ʼn motor in die parkeerterrein ontdek het.

“Dit blyk uit ʼn voorlopige ondersoek dat die oorledene saam met ʼn man, wie se identiteit nie bekend is nie, in die motor was toe haar eggenoot daar opgedaag het. ʼn Argument het glo ontstaan waarna die man ʼn vuurwapen uitgepluk het en die vrou herhaaldelik geskiet het.”

Die vrou is op die toneel dood.

Die man het gedreig om van die winkelsentrum se dak te spring. (Foto: Facebook)

Die man wat saam met die oorledene in die motor was, het van die toneel gevlug. Die polisie probeer sy identiteit as deel van die ondersoek vasstel.”

Mojapelo sê ʼn vuurwapen, wat vermoedelik in die moord gebruik is, is later deur die polisie ontdek en is vir ballistiese toetse gestuur om te bepaal of dit ook gebruik is om ander ernstige misdade mee te pleeg.

“Die motief vir die moord is in dié stadium onbekend, maar huishoudelike geweld kan nie uitgeskakel word nie.”

 

Mojapelo doen ʼn beroep op die gemeenskap om professionele hulp in te win indien hulle huishoudelike probleme ervaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Dat geweld in die land stopgesit sal word, is ‘n hersenskim – dit sal nie gebeur nie.

Cherokee

Dreig om te spring? Moed het ontbreek. Daar was geen kans dat die moordenaar dit sou doen nie.