Man dreig om homself in Kaapstad-bank te skiet

Argieffoto

ʼn Man, in sy 30’s, het gedreig om homself in ʼn bank in Voortrekkerweg in Bellville, Kaapstad, te skiet, het die polisie Woensdag gesê.

Die polisie in die Wes-Kaap het die voorval bevestig en gesê hul operasionele lede is op die toneel om die situasie te hanteer. Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is alleen in die bank toegesluit en geen ander persoon se lewe is in gevaar nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lientjie ·

Hoe is hy alleen in die bank toegesluit??? Waar is die bankpersoneel dan……………. weg gehardloop en die deur gesluit??????????

nie sielkundiges ·

bankamptenare is nie in diens geneem om sielkundige te speel nie. Ek is seker as dit jou man, vrou of kind is wat in daardie bank werk jy sal hoop dat hulle vinnig daar uitkom voordat die man die met die geweer op een van hulle of die publiek losbrand.
sluit hom dan in die bank toe totdat iemand wat opgelei is die situasie kan hanteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.