Man dreig om in Kaapstad van brug te spring

Foto: Rob Beezy (@TrafficSA, Twitter)

Die verkeer het op die N2 in Kaapstad tot stilstand gekom waar ʼn man dreig om van ʼn brug af te spring.

Die man staan tans op die brug oor die snelweg by Borcherds Quarryweg.

Maroela Media verneem dit is al ʼn paar uur wat die man op die brug staan en dreig om te spring. Polisiebeamptes is op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ettienne Swanepoel ·

Duidelik was nog niemand van julle in daardie diep donker gat nie. En mag jul ook nooit wees nie…

DS ·

Wys net hoe gevoelloos het die mensdom geword! Harteloos! Hoop julle verloor nooit iemand so of is ooit self in posisie waar selfdood al oplossing voel. Gewalg deur julle kommentaar!

My Siening ·

Ons IS vir mekaar se geluk verantwoordelik, daar is ‘n gesegde in Engels wat sê: THE DAY YOU CAN DO SOMETHING FOR SOMEONE WHO CAN NEVER REPAY YOU, YOU KNOW LIVING THE GOOD LIFE. Op die manier vind mens saligheid vir jou siel.

Se net... ·

Dit is nie dreig nie. Dit is n kreet vir hulp. Ek het ook altyd geglo dat dit aandag soek is tot ek my seun moes gaan uitken in die lykshuis. Dit is maklik om n vinger te wys maar glo my gee eerder die aandag as om n begrafnis te reel.

Susan ·

Mariette, ek stem heel hartig saam met jou hulle weet nie waarvan hulle praat nie.

Louwtjie ·

Duidelik het sommmige lesers nie ‘n idee wat depressie is nie. Ek was self van die opinie dat dit aandag soek is totdat dit met my gebeur het. Glo my dis NIE aandag soek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.