Man drie dae ná vrou se dood vermoor

ʼn Gautengse man is doodgeskiet net drie dae ná sy vrou se dood nadat hy vermoedelik deur gewapende rowers van die bank af agtervolg is waar hy geld vir sy vrou se begrafnis onttrek het.

Die voorval het Maandag omstreeks 12:45 op ʼn kleinhoewe naby Lanseria gebeur.

Kapt. Mpho Tshetlhane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 66-jarige man is glo vanaf ʼn bank in Fourways deur ʼn silwer Toyota Corolla na die kleinhoewe agtervolg. Toe hy voor die hek van die kleinhoewe stilgehou het, het drie onbekende mans uit die Corolla gespring en nader gehardloop.

“Hulle het sy voertuig se deur oopgeruk en hom geskiet. Hy is op die toneel dood nadat hy twee keer in sy bolyf gewond is,” het Tshetlhane gesê.

Volgens Tshetlhane het die verdagtes die man se voertuig deursoek voordat hulle met hul eie voertuig van die toneel gevlug het. “Dit is nog nie duidelik watter waardevolle items in die oorledene se voertuig was nie.”

Die Drift Reaction-veiligheidsmaatskappy het egter in ʼn verklaring op sy amptelike Facebook-blad beweer die verdagtes het R15 000 kontant by die oorledene geroof. Volgens Drift Reaction het die oorledene se seun vir Jarques Treptow, eienaar van Drift Reaction, kort ná die voorval gebel en histeries om hulp gevra.

“[Die oorledene] was op pad terug van die bank in Fourways waar hy R15 000 kontant onttrek het om te betaal vir sy vrou se begrafnis. Sy vrou is Vrydagmiddag oorlede,” lui die verklaring.

Luidens die verklaring het die seun ook Vrydag vir Treptow gebel toe hy by die huis gekom het en sy ma nie kon wakker kry nie. “Sy het blykbaar in haar slaap gesterf. Hierdie inwoner het nou sy pa én ma sedert Vrydagmiddag verloor.”

Tshetlhane het bevestig ʼn saak van moord word ondersoek in verband met Maandag se voorval. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met meer inligting word versoek om die Diepsloot-polisie by 011 367 6472 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Johann ·

NOG n voorbeeld van Lindiwe Sisule se beskaafde en veilige SA!

Jordaan ·

Kyk maar fyn na die teller in die bank, waarskynlik is ‘n wenk vir die rowers gegee (en elders sien ek dit is alweer ABSA!)

Lizelle Gibson ·

Ek stem 100% saam. Dit is ni n random roof nie, hierdie mense moes weet dat die oom n groot bedrag geld onttrek het.

Cherokee ·

Of kyk op die kameras of mense wat saam met hom in die bank was, en hom gesien geld ontvang, hom by die bank uit gevolg het.

Anoniem ·

Sterkte aan die familie so onnodig om n mens se lewe te neem hoeveel seer het die seun net nie nou moet hy twee mense op eenslag begrawe

D P J ·

Betaal ondernemer asb nie met kontant nie. Kredietkaar/Debietaar/oordra.
Veiliger.

marous ·

Mag daar ‘n tsunami opstaan wat hierdie hele kontinent verswelg…

Michael ·

Wat het van haar geword? Sy is doodstil. Seker te skaam na haar uitlatings oor hierdie land.

GM ·

En so staan baie van die misdadigers in die banke rond en kyk wié, wát onttrek. En banke laat staan hul geldtelmasjiene daar oop en bloot sodat elke Jan Rap die bedrag kan sien wat afgetel word. EN dan word daai pak note op die toonbank neergeplak, voor ‘n ry vol mense. Ons praat nie eers van die ‘inside information’ wat vrylik uitgedeel word nie. Dat mense doodgemaak moet word vir geld… R.I.V. En sterkte aan sy naasbestaandes.

Hanna ·

Aaag nee man!!! Dis onsettend tragies, maar iets Klink nie vir my reg nie….. hoe het die rowers presies geweet watter man om aan te val?

Theresa ·

Baie maklik. Daar is talle voorbeelde van mense wat beroof word van kontant net nadat hul dit getrek het. My vriendin het ook so geld getrek en is deur 3 met ‘n mes teen haar keel gedreig om die kontant te oorhandig (in parkeerarea van die mall). Dit was die teller wat hul ‘n teken gegee het dat sy soveel kontant trek. Dis waar die ondersoek kan begin om hierdie moordenaars vas te trek en te laat boet.

Genieve ·

Inside job die teller het sy/hom sin later die aan gekry.

Kannaland ·

So kan ons nie meer aangaan nie en ons moet drastiese stappe teen misdaad neem. Ons het die buiteland se hulp nodig want ons regering stort ineen.

Pieter ·

Hierdie gebeur gereeld, wanneer gaan die ondersoek mense by die bakier begin soek vir antwoorde, want dit kan net van daar af gereel word, want hoe weet die mense hoeveel en wa dit getrek word.

Willie ·

Did verskriklik! Maar nie verbaas in SA nie, Crime Capital.. Daar is definitief iets binne die bank… Kyk na die tellers se cell fone ook….

Natus ·

Stem saam jou. Kyk na die teller se foon en sal heel moontlik n whatsapp kry dieselfde tyd wat die oom die bank verlaat het met die nr van die moordenaars.

Marinda ·

Dis darem tragies en baie hartseer.

Sterkte aan die familie en naasbestaandes.

Hartseer ·

Sjoe… My hart is stukkend vir die arme seun en familie wat deur hierdie tragedie moet gaan. Wens dit vir geen mens toe nie…

JAN ·

EK VERSTAAN NIE DIE BERIG , HET IEMAND ALLES SIEN GEBEUR ,WAAR KRY HULLE DIE INLIGTING OF IS ALLES NET BESPIEGELINGS OOR WAT GEBEUR HET OF IS DIT OP KAMERA VAS GELE

Ruan Ralph ·

Dag se almal dankie vir julle kommentaar . ja dis niks lekker nie ons land is erg besig om agter uit te gan . ek het my pa Feb verloor en nou my tannie en my oom. ek sit in die buite land en werk hier want ons land is daar nie hoop nie . stekte aan almal my family wat daar bo is en wat betrokke is ek dink an almal van julle .

Cherokee ·

Soveel van julle spekuleer oor ‘n wenk vanaf bankpersoneel en dit was ook waaraan ek aanvanklik gedink het, totdat ek besef het dat die moontlikheid selfs kan wees dat mense wat saam met hom by die toonbank was, kon gesien het dat hy ‘n groot bedrag ontvang. Miskien staan hulle in banke rond om te sien wanneer geld oor die toonbank onttrek word. Twee maal dink en nie stereotipies agter mekaar aan praat nie.

Emily ·

Mense hou tog op om die tellers die skuld te gee, selfone word nie by hulle toegelaat nie. Mense staan in die toue en praat op hul fone, wanneer hulle deur sekuriteit gevra word om dit af te skakel dan strip hulle.
Dit is waar die agtervolging inkom, daai ou agter jou sien jou transaksie raak en hy stuur n boodskap aan sy makker wat buite wag, So asb los tog die tellers uit.

Vra maar net ·

Kyk mense nooit meer in hul truspieel nie? As jy sien iemand agtervolg jou……… want jy behoort so wakker te wees as jy baie geld op jou het……..dan hou jy verby jou huis, gaan ry n’ draai en raak ontslae van jou stert………en maak seker hulle wag nie vir jou by die huis nie…..alhoewel hulle nie sal weet waar jy bly nie as jy net verby gery het nie. Gaan ry rond in die dorp of stad waar baie verkeer is en jy hulle maklik kan afskud……..word tog net n’ bietjie meer observerend mense in vandag se SA.

tw ·

Die berig is n bietjie onduidelik. Eerstens was die seun saam met sy pa in die motor? indien nie
was daar ander oog getuies wat gesien het die Silver motor agtervolg hom en wat die gebeure daarna kon beskryf het.

Cheryl ·

Wonder maar net. Hoe weet hul watter kar en hoeveel ouens was betrokke…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.