Man eindelik in hof ná hy glo fietsryer doodry

Ruvan Olivier (Foto verskaf deur AfriForum se privaatvervolgingseenheid)

Ruvan Olivier, die beskuldigde in die dood van die fietsryer Nino Oppel, het vandag in die Krugersdorp-streekhof verskyn op klagtes van strafbare manslag, poging tot regsverydeling en vele oortredings van die Padverkeerswet.

Landdros Keith Page het die saak uitgestel tot 3 Junie 2022 vir finalisering van die uitstaande ondersoek. Dit volg nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid, wat tans die Oppel-familie ondersteun, omvattende vertoë aan die direkteur van openbare vervolging in Gauteng (DOV) geskryf het nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) aanvanklik aangedui het dat hulle weens ’n gebrek aan ’n behoorlike ondersoek nie vervolging gaan instel nie.

Oppel het in 2018 deelgeneem aan die bekende Berge en Dale-fietswedren in Muldersdrift, Gauteng, toe die beskuldigde hom skynbaar met sy voertuig getref en weggejaag het.

Micky Thesner, die aanklaer in die saak, het vandag in die hof gesê dat sy gister ’n vergadering met AfriForum se privaatvervolgingseenheid se ondersoekspan gehad het en dat die eenheid haar help met die ondersoek omdat die SAPD versuim om ’n speurder te allokeer om die saak na behore te ondersoek.

“Ons verwelkom die feit dat die beskuldigde uiteindelik in die hof moes verskyn en ons sal voortgaan om die NVG te help om toe te sien dat geregtigheid geskied,” sê Andrew Leask, hoofondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid. “Die Oppel-familie verdien geregtigheid vir Nino se dood en ons sal ingevolge ’n waaksaamheidsopdrag van die familie verseker dat hierdie saak die nodige aandag geniet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Marius ·

Die jongman moet sy man staan en cerantwoordelikheid vat vir sy daad.

Jean ·

So baie fietsryers word dood gery, elke dorp kort ‘n area vir die fietsryers waar geen karre is nie

Johan ·

Motoriste moet net bietjie geduld aan die dag lê. Vir voetgangers ook!

Kerrie ·

Kry maar n ding met nommerplate as jy in die gevaarlike strate van Azania wil rondtrap.

Elize ·

Het vinnig geleer hoe om misdaad te pleeg en net weg te jaag. Hoop hy word goed ‘n les geleer.

Magda ·

Bly hy is eintlik waar hy hoort, n ongeluk gebeur baie vinnig maar Dan staan jy Jo man en vat verantwoordelikheik vir Jo dade. 2018 alreeds gebeur, SHAME on you vir weg hardloop.

ES ·

Nou kan hy sy behoorlike straf uitdien. Watter lafaard ry iemand dood en jaag weg? Hy moet maar sy straf kry en tjoekie toe gaan soos die misdadiger wat hy is.

maruis ·

Dit is slegs diegene met BLOU LIGTE EN BLOU DRAG wat dit kan en sal doen

Swerwer ·

Kan nie glo dat ons eie mense al so laag gedaal het nie. Genade maar satan woeker.

Jaco ·

Wel, dis mos maar net ‘n wit man wat ‘n ander wit man se dood veroorsaak het. In dié simpel anti-wit SA met die 2 stelle reëls, is dit mos maar algemeen. Wit mense tel eenvoudig nie, so waarom sou die polisie en die howe nou die verdagte/beskuldigde vervolg? Bottom line is, as jy wit is in dié anti-wit SA, wees 200% paraat om jouself op te pas, want vanaf die owerhede (polisie, howe, staatshospitale ens) gaan jy nie gehelp word nie. Hulle sal óf glad nie help nie óf jou so sleg behandel, dat jy nie hulle “hulp” sal wil hê nie.

Chantel ·

Dis so hartseer, ek verstaan dat wanneer so iets gebeur mens in skok is, maar dan ry jy na die naaste polisiestasie en oorhandig jouself. Dis swak karakter van hierdie man. Ek hoop die reg straf hom swaar.

Casper ·

Die NVG het in die eerste plek geweier om te vervolg tot Afriforum tot die geveg toegetree het Wat my aanbetref is Fourie ‘n ruggraatlose slapgat om weg te jaag.Hy kon hulp ontbied het en die slagoffer kon dalk geleef het.

Sarita ·

Ons is almal so blits vinnig om mekaar te veroordeel….mekaar as’t ware te verslint.! Hierdie was n ongeluk wat gebeur het en ja hy het. In sy skok toestand verkeerd opgetree….maar ek is oortuig daarvan hy was onbewus daarvan dat die fietsryer noodlottig getef is en hy was heel moontlik onder die indruk dat die fietsryer net beseer was en sou opklim en Verder ry. Ek kan my indink wat se skok en tweesrtyd hy moes ervaar het nadat die slegte nuus aan die lig gekom het. Sekerlik gaan hy daarvoor gestraf word…hopenlik met versagtende omstandighede. Waarom wil almal die man so vernietig Vir n ongeluk en n fout wat hy gemaak het en seer sekerlik alreeds deur hel gaan vandat hy besef het wat gebeur het. Ek Wil net vra…what would Jesus do???

Johan ·

Nee wat, jy stop en maak seker die fietsryer is okay. Motoriste ry soos mal goed, dink dit is net hulle wat die pad mag gebruik.

Piet ·

Hy was tien teen een dronk gewees, ons sal nou nooit weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.