Man en dogter vas wat vir polisie jok

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Man en sy dogter is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle die polisie met opset op ʼn dwaalspoor geplaas het in hul soeke na twee “gevaarlike inbrekers”.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Vrydag na ʼn woonstel in Sunnyside, Pretoria, ontbied waar ʼn beweerde inbraak plaasgevind het. Die 49-jarige man het beweer hy en sy 27-jarige dogter het wakker geword van ʼn geluid by die venster waarna hulle deur twee gewapende rowers gekonfronteer is. Die man het gesê die rowers het kontant, ʼn 9 mm-pistool en ʼn televisiestel gesteel en op die vlug geslaan.

“Ná ʼn hele dag se ondersoek en verdere ondervraging van die man, het hy erken dat hy gejok en ʼn valse saak aangegee het,” het Weilbach gesê. Die man én sy dogter is in hegtenis geneem en aangekla van meineed.

“Die polisie wil dit duidelik maak dat hierdie soort oortredings nie geduld sal word nie. Om met opset ʼn valse verklaring onder eed af te lê, is ʼn ernstige oortreding,” het sy gesê. “’n Volledige ondersoek word gedoen van elke saak wat aangemeld word en indien die polisie vasstel die klaer was oneerlik, sal hy voor die volle mag van die gereg te staan kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

niel ·

Seker sy vuurwapen op nalatige wyse verloor, nou probeer hy met liegstorie wegkom

Janika ·

Dis nou die einste wat die polisie se tyd so mors wie se monde altyd die grootste is.
Dis nie asof die polisie nie genoeg het om hulle mee besig te hou nie. Kommin…

pop ·

Dis hoekom ons duur betaal vir versekering. Maklikste manier om vinnig geld te kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.