
Argieffoto: Netcare 911
LET WEL: Maroela Media het vroeër berig dit is ‘n pa en sy dogter volgens die inligting wat ons van paramedici op die toneel ontvang het. Maroela is egter intussen in kennis gestel dat die man nie die meisie se biologiese pa was nie. Ons wysig die berig en vra om verskoning vir die fout.
ʼn Man en ‘n negejarige meisie is Vrydagoggend in ʼn ongeluk in Westonaria in Gauteng oorlede.
“Die ongeluk het reeds ongeveer 03:00 plaasgevind, maar ʼn verbygaande veiligheidsvoertuig het eers 07:00 die motor opgemerk,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die motor het ongeveer 100 meter van die pad af in ʼn veld tot stilstand gekom.”
Die man, meisie, en haar ma is tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger. “Die slagoffers se klere was bedek met ryp toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die ma was in ʼn ernstige toestand en is na ʼn hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.” Die man en meisie is op die toneel dood verklaar.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Dit is baie hartseer… ek kry haar bitter jammer
Sterkte aan die gesin
So bitter hartseer. Mag God die meisiekind se mamma vashou in die moeilike tyd. Baie sterkte aan die geliefdes.
Hartseer!! Mag God hierdie mamma bystaan in haar herstel en haar verlies wat sy moet verduur!
Aaklige voorval. Waarskynlik op die N12? Baie verraderlike stuk pad in daardie gebied. Veral snags.