Man en dogtertjie sterf in ongeluk; ma lê ure lank in koue

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

LET WEL: Maroela Media het vroeër berig dit is ‘n pa en sy dogter volgens die inligting wat ons van paramedici op die toneel ontvang het. Maroela is egter intussen in kennis gestel dat die man nie die meisie se biologiese pa was nie. Ons wysig die berig en vra om verskoning vir die fout.

ʼn Man en ‘n negejarige meisie is Vrydagoggend in ʼn ongeluk in Westonaria in Gauteng oorlede.

“Die ongeluk het reeds ongeveer 03:00 plaasgevind, maar ʼn verbygaande veiligheidsvoertuig het eers 07:00 die motor opgemerk,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die motor het ongeveer 100 meter van die pad af in ʼn veld tot stilstand gekom.”

Die man, meisie, en haar ma is tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger. “Die slagoffers se klere was bedek met ryp toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die ma was in ʼn ernstige toestand en is na ʼn hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.” Die man en meisie is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Van ·

So bitter hartseer. Mag God die meisiekind se mamma vashou in die moeilike tyd. Baie sterkte aan die geliefdes.

Nicolene ·

Hartseer!! Mag God hierdie mamma bystaan in haar herstel en haar verlies wat sy moet verduur!

Neptunus ·

Aaklige voorval. Waarskynlik op die N12? Baie verraderlike stuk pad in daardie gebied. Veral snags.

Stephanie ·

Jip. Daai pad, en veral daai “Westonaria spot” is n riller! Is senuweagtig as ons in die donker daai pad moet ry!

Christa ·

Sterkte pappa. Geen ouer moet ‘n kind begrawe nie. Mag die Here jou en haar mamma styf vashou in die moeilike tyd.

Adele ·

Baie sterkte vir jou ook Danie. Het nie jou nommer Nie. Ons harte is saam met jou stukkend. Woorde kan dit nie beskryf nie. Voel nogsteeds onwerklik. Daai pragtige smile van haar. Nogmals sterkte. Suané se hart net so stukkend

Dienks de Hoog ·

Baie sterkte ook aan jou Danie. Mag God jou troos en vashou.

Peet Schabort ·

Is ek reg met ‘saam by een graf’?
Sterkte met BEIDE ouers se groot verlies.

Gerri ·

Ai ai almal het uitgeval, sekerlik nie veligheidsgordels gedra nie. Al hierdie hartseer kon voorgekom gewees het. Ek weet nie hoekom daar nog so baie is, wat dink dit kan nie met hulle gebeur nie.

michael ·

Ek wil net graag by voeg op die storie. Ek was die eerste persoon op daai toeneel ek het 5:45 op die toeneel af ge gekom warna ek vir my beheerkamer in kennis ge stel het en ge vra het dat hulle die nood dienste moet bel as ook die poliesie een van die ander reaksie offisiere het ń rukkie na my daar op ge daag nadat ek dit aan ge melt het die ongeluk het ongeveur 11uur 30 April gebeur volguns my en die ander reaksie offisier se bevundings op die toeneel.

rudi kotze ·

Kan die persoon wat eerste op die toneel was my asb kontak….ek en sy dogter is saam ons wil asb net iets vra asb 0790974982 ons sal dit regtig waardeur baie dankie

Adeline ·

Hi Rudi, ek is die oorlede man se niggie, en omdat alles nog so bietjie onbekend is vir ons as familie wil ons graag weet of my nefie Michael en die dogtertjie opslag oorlede was ?? Ons wardeer enige nuwe informasie wat ons moontlik kan ontvang. Dankie

griki ·

My innige simpatie aan die ouers, vriende en familie van die slagoffers. Mag God julle die krag gee om met tyd hierdie tragiese verlies te verwerk. Ek bid vir julle. Beste wense vir ‘n spoedige herstel van die mamma.

scalla ·

Michael, as ek na jou spelling kyk wonder ek of jy ooit die regte beheerkamer gekontak het, die tydsverloop is onaanvaarbaar, sterkte aan die familie

CHRISTA ·

Scalla, kom by in die lewe!!! Kan jy nie agterkom die man is Engelsspfrekend nie? Maak jouself liewer handig en offer om hom gratis Afrikaanse lesse te gee!! Dis skokkend dat jy meer bekommerd is oor die man se spelling as oor die naasbestaandes se verlies, maar dit lyk of jy goed inpas by die Nuwe Suid-Afrika – kla altyd oor die minder belangrike dinge!!!

isabella ·

Ons het sopas kennis gekry dat die mamma ook oorlede is gister. Dis so hartseer Sy is my werk kollega

Adeline ·

Hi Isabella, wil net weet of die mamma se naam Estel van Der Westhuisen ?? Ek vra omrede die man wat oorlede is my nefie is. Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.