Twee mense is dood en twee beseer toe hul voertuig Maandag op die N2 digby Ermelo, Mpumalanga, gerol het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is die middag om 15:30 na die ongelukstoneel ontbied. Met hul aankoms op die toneel het hulle die voertuig in die middel van die pad aangetref. Die vier insittendes het langs die pad gelê.
ʼn Man in sy twintigerjare en ʼn negejarige seun het ernstige beserings opgedoen en paramedici kon niks meer vir hulle doen nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.
ʼn Vrou in haar twintigerjare en ʼn driejarige seun het matige beserings opgedoen. Paramedici het hulle op die toneel behandel. Hulle is daarna per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.
Dit is nog nie duidelik wat tot die ongeluk aanleiding gegee het nie.
Die polisie was ook op die toneel om ondersoek in te stel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
MM, kyk asb na die opskrif vd berig. Dit lees nie reg nie.
Spoedperk moet verlaag word na 80 kmu en enigiemand wat vinniger ry moet ‘n waterdigte verskoning daarvoor hê. Hoër spoed slegs vir noodgevalle, dus.
Mag Die Here saam met die gesinne van die families wees en mag die Vrou en haar seun volkome herstel ongeag van die omstandighede wat na die ongeluk gelei het.Ek het Destyds op Piet Retief gebly , die Piet retief – Ermelo Pad is een van die gevaarlikste paaie In RSA met lang afstande tussen die berge sonder padversperrings.
Mense wat buite n voertuig le dui daarop dat persone nie sitplekgordels aan gehad het nie. Niks met spoed te doen nie. Daar voertuig het heel moontlik stadiger as 80km/h gery.