Man en kind dood toe motor rol

Die voertuig het op die N2 gerol (Foto: Verskaf)

Twee mense is dood en twee beseer toe hul voertuig Maandag op die N2 digby Ermelo, Mpumalanga, gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is die middag om 15:30 na die ongelukstoneel ontbied. Met hul aankoms op die toneel het hulle die voertuig in die middel van die pad aangetref. Die vier insittendes het langs die pad gelê.

ʼn Man in sy twintigerjare en ʼn negejarige seun het ernstige beserings opgedoen en paramedici kon niks meer vir hulle doen nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.

ʼn Vrou in haar twintigerjare en ʼn driejarige seun het matige beserings opgedoen. Paramedici het hulle op die toneel behandel. Hulle is daarna per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.

Dit is nog nie duidelik wat tot die ongeluk aanleiding gegee het nie.

Die polisie was ook op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Megan Swart ·

Dagsê Onnie
Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die tikfout. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Cherokee ·

Spoedperk moet verlaag word na 80 kmu en enigiemand wat vinniger ry moet ‘n waterdigte verskoning daarvoor hê. Hoër spoed slegs vir noodgevalle, dus.

Piet ·

Ek gaan een van min wees wat saamstem. 80km/h op hoofpaaie, 40km/h in dorpsgebiede.

Belinda ·

Dit is juis stadige ryers wat ongelukke veroorsaak, , ek stem ook saam dit is nie nodig om 130/140 te ry nie, maar regtig hoeveel tyd het jy nou om te reis, enige reis, werk toe en terug / naweke weg / vakansie …………

Francois Le Cochon ·

As jy soggens laat slaap, het jy min tyd. As jy vroeg opstaan het jy baie tyd. Kom eerder laat by jou bestemming aan as nooit nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Om bloot spoed as die enigste groot oorsaak van ongelukke te beskou is nie korrek nie. Die oorsake van motorongelukke is kompleks. Spoed is een van die oorsake. Daar is ook onpadwaardige voertuie, roekelose bestuur, alkohol en dwelms, onpadwaardige voertuie, swak sig, slaggate, gebarste bande, oordeelsfoute, swak bestuurdersopleiding, vervalsde bestuurderslisensies, en verseker vele meer wat kundiges ons aandag opkan vestig.

Alleen Wolf ·

Jy leef in ‘n droom wereld, ongelukke word nie veroorsaak deur spoed nie, eerder ‘n tekort daaraan, dink, jy ry teen 120/uur en skielik doem daar ‘n voertuig voor jou op teen die spoed van 80, dit skep die gevaar situasiese wat ‘n ongeluk veroorsaak, in lande soos Duitsland kan mense so vinnig ry as wat hulle wil, maar die minimum spoed op die autobahn word afgedwing en daar is min ongelukke, die grootste enkele probleen in SA is ons taxi bedryf wat ry soos hulle wil en geen wetstoepassing word gedoen nie

Emile ·

Mag Die Here saam met die gesinne van die families wees en mag die Vrou en haar seun volkome herstel ongeag van die omstandighede wat na die ongeluk gelei het.Ek het Destyds op Piet Retief gebly , die Piet retief – Ermelo Pad is een van die gevaarlikste paaie In RSA met lang afstande tussen die berge sonder padversperrings.

Juan ·

Mense wat buite n voertuig le dui daarop dat persone nie sitplekgordels aan gehad het nie. Niks met spoed te doen nie. Daar voertuig het heel moontlik stadiger as 80km/h gery.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.