Man en kleuter geskiet tydens Durbanville-rooftog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Saterdagaand doodgeskiet en sy kind in die maag getref tydens ʼn gewapende roof in Durbanville in Kaapstad.

“Drie verdagtes in siviele klere, wat voorgegee het dat hulle polisiebeamptes is, het by die huis in Durbanville opgedaag,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, Sondag in ʼn verklaring gesê. Die 36-jarige vrou en haar 21 maande oue baba was alleen by die huis.

“Die rowers het die man se vuurwapen geëis en glo die vrou gedwing om haar man te bel dat hy moet huis toe kom, onder voorwendsel dat hul kind siek is,” het Kinana gesê. “Toe die man by die huis opdaag, het hulle hom in die kop geskiet en die kind in die maag geskiet. Hulle het die man se vuurwapen, ʼn Norinco 9mm, gebuit.”

Die ma en kleuter is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

“Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het hy bygevoeg. Verdere besonderhede is nog nie beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SNEL ·

Goeiste, dis vreeslik. Hoe moet die arme vrou nie nou voel nie, haar man is dood omdat sy hom gebel het, maar as sy dit nie gedoen het nie, sou hulle seker iets aan die babatjie gedoen het, of is dit nou die 21 maande oue baba wat in die maag geskiet is. Dis so hartseer dat gesinne en kinders deur sulke geweld moet gaan. Hier is nou weer n jong gesin sonder n pa. Sal daar ooit weer vrede en veiligheid in ons land wees en waar mens met n geruste hart kan kom en gaan soos jy wil? Baie sterkte aan die mamma en hoop die kleinding herstel spoedig.

sue ·

Dis siek en dit word al sieker… wanneer gaan iemand iets DOEN?!?!?!?

Anel Viljoen ·

Wat gaan julle doen Sue? Daar is nie ‘n einde aan dit nie…die enigste oplossing is dat al julle almal eerder land uit vlug en iewers anders oor begin…so duisende ander van ons wat dit gedoen het!

Gerhard Bezuidenhout ·

Die kriminele is vreeloos omdat ons polisie en regering tandloos is .

sannie ·

Mmmmm iets klink nie reg nie was man deurmekaar met kies??

jacques ·

Klink vir my ook hulle wou nie roof nie maar die man doodskiet.Sy vrou moet seker baie erg voel nou jammer om te hoor.

Anel Viljoen ·

Suid-Afrika het die duiwel se kuil geword – dis verby met daai stink land

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.