Man en sesjarige verdrink in Randburg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sesjarige kind en ʼn volwasse man het Dinsdagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Bordeaux in Randburg, Johannesburg, verdrink.

“Paramedici kon ongelukkig niks meer vir die man doen toe hulle by die toneel opgedaag het nie,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die kind is na die Mediclinic Sandton geneem, maar is ook met aankoms by die hospitaal dood verklaar.”

Die kind het glo buite gespeel en in die swembad geval. “Volgens omstanders het die man ingespring om die kind te red, maar hy kon nie swem nie en het sy bewussyn in die water verloor,” het Rossouw bygevoeg. “ER24 doen ʼn beroep op die publiek om versigtig te wees rondom swembaddens. Kinders moet nooit sonder toesig naby water speel nie, en jy moet nooit inspring om iemand te red wat dalk verdrink nie. Gebruik eerder ʼn stok of ʼn drywende voorwerp om die persoon te help.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Yolande Breytenbach ·

Volgens omstanders? Kon niemand anders help nie?

jana ·

Sjoe swak berig! Waarom het die”volgens omstanders” nie die man en kind gered nie. Ek glo nie da was enige “omstanders” nie..

Lourens ·

As jy nie van Maroela hou nie – lees dan iets anders …

willie brits ·

Wanneer gaan hierdie mense leer swem? Jinne mense, as julle huise met ‘n swembad wil koop, leer eers swem.

Winston ·

Ja wragtag!!! Gooi sand in en plant tamaties of sit sif oor en boer met slaghoeners!

BoereBikerBaby ·

Miskien was dit die tuinier of iemand. En wat die “omstanders” vertel is miskien net ‘n storie wat hul opgemaak het en gedink dis wat gebeur het..

Wilmarie ·

Ek stem saam! Leer swem! As jy na n privaat hospitaal kan gaan,dan kan jy seker swemlesse ook bekostig? Hoekom was die kind sonder toesig by die swembad as hy nie kan swem nie?

Anre ·

…”jy moet nooit inspring om iemand te help nie”…. Uhm. As iemand verdrink gaan ek inspring… of dit nou swembad of dam water is. Ek gaan nie rondstaan en wonder wat aangaan nie. En hoekom mense nie kan swem nie gaan my verstand te bowe. Alle diere kan swem… die mens ook. Dis ‘n instink wat hulle self onderdruk. As jy nou wragtig nie kan swem nie. Leer dan!

candice ·

As n kind inval is daar nie tyd om n stok te soek nie. Dis natuurlike reaksie om in te spring…

pop ·

WAAR is die wetgewing vir swembaddens omhein. Die soort van berig raak nou te algemeen.

Gideon ·

Pop, hoekom nou alweer wetgewing? Ek het ‘n swembad wat nie omhein is, maar pas my kinders behoorlik op!! Sommige mense is treurig, dink ‘n swembad is iets mooi, en besef nie die gevare daaraan verbonde nie.
As ons wil begin wetgewing instel kan ek gou so lys van verspotte wetgewings noem!! Die ketel moet agter tralies kom, badkamer en alle emmers moet agter tralies kom, stowe moet toegesluit word. Geen skuifhekke want kort-kort val ‘n hek op iemand! Sien mens kan nie so voorskriftelik wees nie, ouers moet leer om op hulle hoede te wees!!

Martin ·

Gideon, daar is spesifieke wetgewing wat betref swembaddens. Ek is myself ‘n groot voorstaander daarvan. Maar ek stem ook 100% met jou saam, ons as ouers bly verantwoordelik om na ons kinders om te sien.
Die ding dat ons nou en dan lees van die tipe goed is onaanvaarbaar. Mense is volgens my net nie verantwoordelik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.