Man en seun sterf in Orange Farm-brand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 60-jarige man en 14-jarige seun is vroeg Sondagoggend dood toe ʼn brand in hul informele huis in Orange Farm in Gauteng uitgebreek het.

“Al twee het in die huis verkool,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, gesê. “Dit wil voorkom of hulle hul bewussyn weens rookinaseming verloor voor hulle gesterf het.”

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.

“Nooddiensbeamptes is ontbied om die betrokke gesin by te staan. Dit is die derde brandvoorval in Johannesburg tydens hierdie koue naweek,” het Mulaudzi bygevoeg. Twee informele huise in Diepsloot is ook afgebrand, maar niemand is beseer nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.