Man en tiener skuldig aan dagsorgmoeder se verkragting

Donovan Heugh (Foto: Raahil Sain/ANA)

Die 25-jarige Donovan Heugh en ʼn tiener is in die hooggeregshof in Port Elizabeth skuldig bevind op aanklag dat hulle ʼn onderwyseres by ʼn dagsorgsentrum verkrag het.

Heugh is Donderdag ook skuldig bevind op aanklag dat hy ʼn vuurwapen op iemand gerig het, op aanklag van ontvoering en roof met verswarende omstandighede.

Sy medebeskuldigde, wat 16 jaar oud was toe die misdaad gepleeg is, se naam mag nie bekend gemaak word nie omdat hy ʼn minderjarige is. Die tiener het begin huil net ná hy skuldig bevind is op aanklag van verkragting, ontvoering en roof met verswarende omstandighede.

Die 33-jarige onderwyseres het op ʼn dag in Julie 2017, kort voor 06:00, vir ʼn taxi gewag om na haar werk vervoer te word. Sy het op die trappe van haar huis in Bellweg gestaan toe die twee mans haar oorval en ontvoer het.

Heugh het uit ʼn VW Golf voertuig geklim en ʼn vuurwapen op haar gerig. Die tiener het haar handsak gegryp. Hulle het daarna met haar na ʼn beboste gebied naby die Gelvan-sportkompleks gery waar die bestuurder van die VW Golf die drie afgelaai het en weggery het. Heugh en die tiener het die vrou verkrag.

Tydens die vrou se getuienis in die hof wou die tiener vlug voor die verkragting, maar Heugh het gedreig om hulle albei te skiet.

Regter Glen Goosen het gesê die vrou se getuienis was geloofwaardig.

Heugh het skuld ontken op alle aanklagte. Hy het ʼn reeks vorige skuldigbevindings waaronder huisbraak, opsetlike saakbeskadiging, roof en oortreding van die Wet op huishoudelike geweld.

Die tiener se borgtog is teruggetrek en die saak is tot 24 Januarie uitgestel vir voorvonnisverrigtinge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Schalk ·

Asb!!!! 16 jarige kind wat misdaad pleeg is baie bewus van wat verkeerd is. Misdadigers het geen reg om anonym te bly nie.

Katryn ·

Regtig, hy het haar mensereg geskend, haar verneder, en hy moet annoniem bly omdat hy minderjarig is?????????? SIEK

Hoe nou....... ·

If you can do the crime you can do the time ! Minderjarig of nie.

Nene ·

It seems to me the criminals have more rights here in SA. If you have committed a crime all your rights should be stripped from you. You should have think before committing the crime plan and simple as that. They have too much luxury in jail and too much privileges and on whose expense? Us, the victims. In the pass the inmates worked in the zoo, kept the streets and parks clean. They worked but no: now you get free boarding and lodging, tv and who know what in jail!!

a ·

as jy iemand dood maak of verkrag verbeur jy jou regte op privaatheid

ZET ·

Hy het n reeks vorige oortredings. PRESIES, laat die kriminele los op die samelewing
sodat hul nog verwoesting kan saai!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.