Man en vrou dood in motor gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die gemeenskap van Hartbeeskop naby die Oshoek-grenspos in Mpumalanga het ʼn gruvonds gemaak toe hulle gaan ondersoek instel het na ‘n verdagte motor wat in ‘n pad in die dorp gestaan het.

Gemeenskapslede het Vrydag op die liggame van ʼn man en ʼn vrou in die motor afgekom. Brig. Selvy Mohlala, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die gemeenskap het onraad vermoed toe hulle die voertuig, ‘n Toyota Fortuner, vir lank op dieselfde plek sien staan het, met twee mense binne die motor.

“Hulle het gaan ondersoek instel en die gruvonds gemaak. ʼn 21-jarige vrou is op die agtersitplek aangetref. Sy het ʼn skietwond aan haar kop gehad.” Mohlala sê die liggaam van ʼn 57-jarige man is in die bestuursitplek aangetref. “Hy het ook ʼn skietwond aan sy kop gehad, en ʼn vuurwapen is langs hom aangetref.”

Mohlala sê voorlopige ondersoek dui daarop dat die man die vrou doodgeskiet het en toe selfmoord gepleeg het. Die name van die oorledenes kan nog nie bekend gemaak word nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

angel ·

Wie se dit was selfmoord. Dalk was die moord wapen geplant. En die moordenaars kom met moord weg. So traagies. Almal glo wat hulle lees. Kom by mense.

Rassie ·

Was dit persone ( besoekers ) op pad na Swaziland of was dit Inwoners van Hartebeeskop ??….die plekkie is n voormalige tuisland gebied ( Kangwane ) langs die hoofroete na Swaziland ( Oshoek ) met n paar statte langs die teerpad…..Hartebeeskop is nie n dorpie nie maar n landelike gebied met n paar statte en gehugies langs teerpad……ek weet want ek was betrokke by die opbou van die polisiestasie in 1995 langs hoofroete……sal dit net waardeer as daar meer volledige inligting aan publiek deur gegee word ….ek het al hoeveel soort gelyke “tonele” in die gebied ondersoek van besoekers op pad na Swaziland !!!!!!……..Dieselfde tipe voorval in 1998 gehad , toe was die voertuig in plantasie langs pad aangetref EN die slagoffer was GEEN van plaaslike gemeenskap , maar van n ander provinsie Ek tref nie onderskeid nie maar was dit besoekers oppad na Swaziland of van die plaaslike gemeenskap ?????…Vra maar net….iets ruik nie reg !!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.