Man en vrou in hof vir kaartkloning

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bulgaarse man en vrou is Dinsdag in Sandton in hegtenis geneem toe hulle glo met gekloonde bankkaarte kontant by ʼn kitsbank probeer trek het.

Dié twee is vasgetrek in ʼn gesamentlike operasie tussen die Valke en misdaadintelligensie. Volgens lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het hulle die twee vir ʼn week lank dopgehou. “Daar is beslag gelê op ongeveer 800 gekloonde bankkaarte en 1 500 kaarte wat klaarblyklik nog gekloon sou word.”

Die verdagtes sal in die Johannesburgse handelshof verskyn. Hulle sal aangekla word van ongemagtigde toegang tot data, die besit van ʼn toestel wat veiligheid kan omseil sowel as bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GES ·

Pak hulle in ‘n krat en verban hulle na hulle vaderland. Ons het genoeg skuim in SA om ons besig te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.