Man en vrou in huis vermoor

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Man en vrou is Maandagoggend dood in ‘n huis in Hogsback in die Oos-Kaap gevind.

Die polisie is omstreeks 9:40 na die huis in die hoofstraat van die mistieke dorp ontbied waar daar op die man en vrou se liggame in ʼn kamer afgekom is. Hul hande en voete was vasgebind.

Volgens kapt. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, is die kombuisdeur oopgedwing. ʼn Lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van hul dood te bepaal. Die oorledenes het glo geen sigbare beserings gehad nie.

Die oorledenes was ʼn 50-jarige man en 66-jarige vrou, het Mawisa gesê. Die polisie ondersoek sake van moord en huisroof.

Dit is in dié stadium nog nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Delia ·

Op daai kleine dorpies is dit ook nie meer veilig. Sooo jammer dat julle so moes sterf

George ·

So pragtige deel van ons land, en nou raak dit ook onveilig daar.

Johann ·

Nog statistieke en nommers vir SHARAAAAP MADHATTER om af te lees. Dis mos sy werk. Om mense met name en gesinne en lewens af te maak as statistieke. En geprys te word deur sy Prez RamaPromises oor hoe goed hy sy job doen. ANC ANARGIE STAAT!

SjN ·

Hoedeman en sy trawante voel niks vir die wetgehoorsame landsburgers nie.

Niklaas ·

Is TV kameras al daar. ? Dan sal Hoedman homself amper beseer in sy haas om te uit te kom en fronsend te poseer in media onderhoude.

Lillian ·

Dit gebeur oral, elke dag amper, en SAPS se grootbaas doen níks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.