Volgens die berig is die liggame Donderdagoggend in die 31-jarige man se Toyota RunX gevind. Die motor was naby die vrou se suster se huis geparkeer. Die motor se deure was oop.
Die man is geïdentifiseer as Gregory Miti en die vrou as die 26-jarige Noxolo Radu. Die twee het glo eers Woensdag ontmoet.
Volgens ʼn speurder wat op die toneel was, was daar meer as twee mense in die motor ten tyde van die skietery. Miti is drie keer geskiet en Radu een keer.
Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het gesê niks is uit die motor gesteel nie.