Man en vrou se liggame in motor gevind

Foto: @musamello op Twitter.

Foto: @musamello op Twitter.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggame van ʼn man en vrou in ʼn motor in Kaalfontein naby Midrand gevind is, het The New Age Vrydag berig.

Volgens die berig is die liggame Donderdagoggend in die 31-jarige man se Toyota RunX gevind. Die motor was naby die vrou se suster se huis geparkeer. Die motor se deure was oop.

Die man is geïdentifiseer as Gregory Miti en die vrou as die 26-jarige Noxolo Radu. Die twee het glo eers Woensdag ontmoet.

Volgens ʼn speurder wat op die toneel was, was daar meer as twee mense in die motor ten tyde van die skietery. Miti is drie keer geskiet en Radu een keer.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het gesê niks is uit die motor gesteel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.