Man en vrou sterf saam in kettingbotsing

Die vragmotor en bakkie se wrakke. Foto: Verskaf

Drie mense is dood toe twee voertuie Woensdagmiddag in Limpopo teen ʼn vragmotor gebots het.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die botsing het op die R524 tussen Makhado en Thohoyandou plaasgevind.

“Twee voertuie, ʼn Isuzu-bakkie en ʼn Mazda-sedan, het in dieselfde rigting op ʼn dubbelbaan gery. Die twee voertuie het om die een of ander rede teen mekaar gebots en ná die trefslag in die aankomende verkeer se baan beland,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe is ʼn man en sy vrou wat in die sedan gery het op die toneel dood verklaar. ʼn Passasier in die bakkie is onderweg na die hospitaal dood.

Vier mense wat in die vragmotor gery het en die bakkie se bestuurder is ernstig beseer en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die presiese oorsaak van die botsing word ondersoek. Die polisie ondersoek sake van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Daardie area ·

Baie mense in daardie area kan gladnie bestuur nie. Die verkeersstasies daar moet ondersoek word want hulle standaarde vir om lisensies toe te ken is bevraagbaar.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.