Man en vrou sterf, twee beseer toe kar rol

Foto: Verskaf.

Twee mense is dood en twee ander is beseer toe die motor waarin hulle gereis het in Hillshaven, Westonaria, in die weste van Gauteng gerol het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Sondag omstreeks 17:00 plaasgevind.

“Toe ons paramedici sowel as die plaaslike nooddienste by die toneel opdaag het hulle die voertuig etlike meters van die pad in ʼn oop stuk veld aangetref,” het Vermaak gesê.

Volgens hom het die voertuig verskeie kere gerol. “Al die insittendes is uit die motor geslinger.”

ʼn Man en ʼn vrou is volgens Vermaak met noodlottige beserings aangetref. Twee mans het volgens hom ook matige tot ernstige beserings opgedoen.

Meer oor die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sussie ·

Nie altyd spoed ni. Ons was in n ongeluk. Perd het voor kar ingehardloop en ons kar het gerol. My gordel was aan en tog het ek op n manier onder die gordel uitgegly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.