Man en vrou tydens Bloem-plaasaanval vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Twee vermeende plaasaanvallers het Maandagoggend die liggame van ʼn bejaarde man en vrou aan die Bloemfontein-polisie uitgewys nadat hulle in die slagoffers se bebloede bakkie betrap is.

Die man en vrou was vermoedelik getroud, en het langs die Abrahamskraalpad in Bainsvlei geboer.

“Volgens ons beperkte inligting het die aanval omstreeks 04:00 plaasgevind,” het Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou se Wet en Orde Komitee, Maandag aan Maroela Media gesê. “Die polisie het twee mans in die slagoffers se bakkie gevind en hulle is in hegtenis geneem. Die slagoffers was nie by hul huis nie en daar is na hulle gesoek. Die verdagtes het later die polisie gaan uitwys waar die liggame gestort is.”

Meer besonderhede oor die aanval is nog skaars.

Konst. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, het geweier om enige inligting bekend te maak. “Die provinsiale kommissaris is op pad na die toneel, waarna meer inligting bekendgemaak gaan word,” het sy aan Maroela Media gesê.

Dit is die tweede voorval van ʼn plaasmoord in een dag in die Vrystaat. Maroela Media het vroeër berig ʼn vrou is Maandagoggend tydens ʼn vermeende huisroof op haar plaas naby Theunissen in die Vrystaat vermoor, waarna haar huis met haar liggaam daarin, aan die brand gesteek is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lillian ·

Misdaad skok mens net meer, of is dit dalk die arrogansie van misdadigers wat so skokkend is?

Joe ·

Rus in Vrede. My innige simpatie aan die families. Is dit moontlik om die datums van die moorde by die artikels te sit?

Drieks ·

So verskriklik hartseer.
Omdat laerskool kwalifikasie mense ons land regeer.
Hul gaan die duur prys vir hierdie goedkoop Anc politiek nog betaal.

Herman ·

Dis so waar. Waar gaan alles eindig. Onopgeleide leiers. Hoe hartseer dat ons land ten gronde gaan deur swak leierskap.

Herman ·

Baie jammerlik dat sulke wreedheid nog in ons land geduld word en misdadigers en moordenaars in ons strate rondloop.

Sterkte aan al die agtergeblewendes.

Bleskop ·

Maar dis dan wat mnr Zuumer wil he.
Hulle sorg dat ongeletterdheid hoogty vier in ons land, dan raak hy dubbelsinnige stellings kwyt wat aanlyding gee tot geweld soos die.
Ons kan net hoop en bid dat ons nie ‘n volskaalse twede Zimbobwe word nie (Suid Zumer), my pessimistiese kant se dis klaar te laat, maar my positiewe sy probreer my oorreed dat daar nog lig aan die einde van die donker ZANC tonnel is.

Grassie ·

Die aanvalle en moorde op blanke boere en veral bejaardes neem nou ondenkbare afmetings aan. In plaas daarvan dat die regering iets daaromtrent probeer doen sit Zuma nou daar in die Kaap en blameer die blankes sedert Jan van Riebeek se tyd as die sondebokke wat vir al die ellende in die land verantwoordelik is. Hy verklaar ook dat hy die blankes se grond gaan vat omdat dit aan die swartes behoort. Die aanvallers en moordenaars weet dat hulle die wet oortree, maar ek glo dat hulle dink dat hul optrede moreel geregverdig is want hul leiers sê mos die wittes is die moeilikheidmakers en gronddiewe.
Zuma, Malema en al hul trawante het bloed aan hul hande.

V ·

Dis ook al wat mens hoor.Man in hof vir moorde.Wanneer hoor ons wanneer hierdie barbare gehang gaan word.?

Kobus ·

Wat gaan ons doen, of wat kan ons doen?
Ek hoor nou net op die Rsg nuus dat die Polisie woord voerder se ons moet ons ouers wat nou al oud is in ‘n ouete huis sit, wat jy waar sal kry hul het mos ook ‘n reg en waarvoor anders het hul dan so hard voor gewerk net om in ‘n tehuis geprop te word en verwaarloos raak daar nee nee. Eerlik dink ek dat ons moet begin aksie neem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.