Man erg aangerand, vrou verkrag tydens kaping

Die gekaapte voertuig nadat dit teruggevind is. Foto: Verskaf

ʼn Man is erg aangerand en ʼn vrou glo herhaaldelik verkrag nadat ʼn lykswa Sondagaand aan die Oos-rand in Gauteng gekaap is.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê die gekaapte lykswa is vanoggend teruggevind, maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Volgens die polisie se voorlopige ondersoek is die bestuurder van die lykswa omstreeks 21:00 by die Umthambeka-gedeelte in Tembisa deur vier kapers oorval toe hy die hek by sy huis oopgemaak het. Die kapers het die man met ʼn pistool aangerand en gedreig en ure lank met hom in die gekaapte voertuig rondgery.

“Terwyl hulle rondgery het, het die kapers klaarblyklik ʼn saamrygeleentheid aan ʼn vrou gebied en daarna glo beurte geneem om haar in die lykswa te verkrag,” het Kgasago gesê.

“Die beseerde bestuurder is vanoggend in die vroeë oggendure in Entshonalanga langs die pad afgelaai waar gemeenskapslede hom gevind en gehelp het om ʼn saak by die polisie aanhangig te maak. Dit is nie bekend wat van die vrou geword het wat glo deur die kapers verkrag is nie en die polisie is besig om dit te ondersoek.”

Volgens Kgasago is die gekaapte lykswa omstreeks 05:00 deur middel van ʼn opsporingstoestel in Tembisa opgespoor. Die kapers het die voertuig in die Umthambeka-gedeelte agtergelaat en op die vlug geslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Iemand ·

Verskriklik. Ek hoop die vrou is nog lewend en dat sy sal herstel van haar beserings en hulp sal kry om haar te help herstel van die sielkundige impak van die verkragting.

Valerie ·

Wie kaap ‘n lykswa (hearse)? En laai dan vroue op en verkrag hulle? Kan nie die duiwel blameer nie; kan nie apartheid blameer nie; kan nie enige ras blameer nie; kan nie sê dit is siek nie (want “siekte” is ‘n verskoning). Wat bly oor? Net jou eie gewete, mnr/mev/me die misdadiger. Jy alleen sal daarop antwoord, een of ander tyd.

Valerie ·

Snoefie; ek weet nie…seker iemand wat nie weet van beter nie. Gee nog steeds nie ‘n free pass vir verkragting nie.

HPV ·

Hierdie helhool laat Mad Max flieks na ‘n Sondagskoolpiekniek lyk.

Andrea ·

Liewe Vader, die mense in ons mooi suiderland is siel en boos. Beskerm asb díé van ons wat nie heeltyd bose planne bedink om ander mense se lewens te verwoes nie. Díé van ons wat net n plekkie in die son wil hê om ons lewens klaar te leef.

Nettie ·

‘Skuus dat ek vra – maar watter vrou (“in her real mind”) vra nou ook ‘n saamrygeleentheid by ‘n lykswa? ‘n Mens weet mos nooit of daar ‘n lyk agterin is nie!

Olof Bergh ·

Beledigings, vuil taal, kru opmerkings en haatspraak. Dis die orde van die dag op sosiale media. Mense wat hulself daaraan skuldig maak trek nie net hulself af tot die laagste standaard nie maar ook hul ras. Of dit nou Afrikaners of watter ras ook al is. Elke mens het die saad van grootsheid in hulle maar nee. Dis makliker om vieslik te wees agter die skerm van anonimiteit. Met n bietjie introspeksie kan mens waarneem watter weg is die beste. Die van die laer plein of die van n verhewe een. Maak eerder opbouende opmerkings en deel goed nagevorste feite. Daar is goed en kwaad in alle rasse. Alle nasies het hul deel aan wandade. Om die setlaars wat, eeue later self al n gemengde ras is, te beskuldig van voorsate se doen en late is idioties en dit word aangevuur deur korrupte politiese leiers wat hulself al geweldig verryk het. Dis tyd dat minderheidsgroepe saam staan en die meerderheid oningeligte volgelinge n skop in die klokke gee. Dis n nare uitdrukking, maar nodig om te dringendheid en erns van die saak te beklemtoon. Massamoord en burgeroorlog is ons voorland indien daar nie n oordentlike leierskap gevorm word nie. Is dit moontlik? Ek glo nie. Die tyd is hier om jou eie lewe in orde te kry. Die genadeweg van God te vind en jou geliefdes voor te berei sodat jy nie saam aan die verkeerde kand staan met die oordeel nie. God seen in jou soeke.

Waarheid ·

Ja sou ook dink met alle respek, die ansisters
kan onstoke raak agv sulke dade ⁉ maar drugs
laat dinge seker soos mis verdwyn in die niet.

PJ Kruger ·

Dis skokkend……..die duiwel is los in SA……BID BID BID vir verlossing

marianna ·

Ek het al n saamry geleentheid in ‘n lykswa gehad maar dit was in die jare 70 toe man so iets kon doen.

GM ·

Ek sou te bang wees dat Casper oor my skouer gaan loer. Ek loop eerder. Dis net siek om die illusie te skep dat jy ‘n vrou gaan help, net om haar te verkrag. As ons regstelsel ‘reg’ gewerk het, sou doodstraf gepas gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.