Man erg beseer ná hy van muur val

Foto verskaf deur ER24

ʼn Man het erg seergekry toe hy in Kaapstad van ʼn muur afgeval het.

Volgens ER24 is ʼn 29-jarige man ernstig beseer toe hy van ʼn 10 m hoë muur by die Bali Bay-ontwikkeling in Kampsbaai geval het.

Verskeie nooddienste het net ná 12:00 op die toneel aangekom en die man aan die onderkant van die muur aangetref. “Medici moes teen die muur afklim om die man te bereik. Hulle het die man ondersoek en bepaal dat hy ʼn ernstige besering aan sy been opgedoen het,” sê Russel Meiring, woordvoerder van ER24.

Die man is op die toneel behandel en hy het medikasie ontvang om die pyn te verminder. “Daarna het die Wes-Kaapse noodreddingspan hom met ʼn tou teen die muur opgehys tot langs die pad aan die bokant van die muur,” sê Meiring.

Die man is toe na die New Somerset- provinsiale hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling. Die besonderhede rondom die ongeluk is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marisa ·

Bali-Bay is vakansie woonstelle met fantastiese see uitsigte – hy wou dalk ‘n selfie neem en het toe van die muur af geval – wonder net waarom almal dink dit was ‘n skelm voor daar enige verdere besonderhede beskikbaar is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.