Man erg beseer toe boom op hom val

Foto: Intelligence Bureau SA

Foto: Intelligence Bureau SA

ʼn Man is ernstig beseer nadat ʼn reuseboom gister in Greymont in Johannesburg bo-op hom geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is die middag na die toneel op die hoek van Cross- en 8ste Straat ontbied. Die man het gedeeltelik onder die boom gelê en omstanders het reeds begin om hom onder die boom uit te beweeg.

“Die man was in ʼn ernstige toestand en het veelvuldige beserings aan sy kop, bors en arms opgedoen,” het Meiring gesê. Die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy na die Helen Joseph-hospitaal gehaas is.

Meiring het gesê dit is nie duidelik wat die boom laat omval het nie. “Niemand het naby die boom gewerk nie en die man het net verbygeloop. Dit lyk asof die wortels heeltemal uit die grond getrek en die boom net omgeval het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Ernstig. en ons sukkel om mense te oortuig dat die 4-verdieping hoë boom in die aangrensende komplekstuin by ons grensmuur, ‘n gevaar inhou. Ek woon op 1ste vloer en spot dat ek in ‘n boomhuis, tak 7 woon.
Die boom ruk ongelooflik rond met die rukwinde wat ons deesdae kry.
Dit groei ongeveer ‘n meter ‘n jaar.
TOe ek gekoop het was dit ‘n pragtige boom waaroor ek ‘n lieflike uitsig gehad het. Nou neem dit al my lig in my huis weg; ons tel blare op dat dit klap, want dit skud blare in winter en somer af (minder in somer).
Ons loodgieter het onlangs genoem dat die dreinlyn (agter ons eenhede) ‘n blokkasie gehad het en dat hy ook boomwortels daar gekry het. Dit kan dus ook moontlik hierdie boom wees.
Ons geute is gebuig van die drukking van blare – kan slegs deur kontrakteurs skoongemaak word (weens hoogte) en kos duur. Ons kan nie bybly nie!
Is daar iets iewers in ‘n wet wat ons kan voordeel gee om ten minste te vra dat hierdie monsterboom gesny word tot op ‘n billike, veilige en meer aanvaarbare hoogte???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.