Man erg gemartel tydens kleinhoewe-aanval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man in sy 50’s word in die hospitaal behandel nadat hy Dinsdagaand erg aangerand en gemartel is tydens ʼn aanval by sy huis op ʼn kleinhoewe in Doornrandjies, wes van Pretoria.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Donderdag aan Maroela Media gesê die man het alleen in die huis gewoon. Die man se twee susters woon in ʼn aparte huis op dieselfde kleinhoewe.

“Drie mans, waarvan twee gewapen was, het hom die aand omstreeks 22:00 in sy huis oorval,” het Cameron gesê. “Die aanvallers het op vuurwapens aangedring. Hulle het die man erg aangerand en gemartel voor hulle van die toneel gevlug het. Hulle het slegs ʼn elektroniese toestel gesteel.”

Die man se susters is ongedeerd en is nie aangeval nie.

Cameron het gesê die polisie was vinnig op die toneel nadat hulle ontbied is.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

collin ·

Duidelik ‘n geval van strategiese organiseerde beplande terreur nie net misdaad nie. Iemand mastermind hierdie terreur aanvalle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.