Man erken hy het polisieman vermoor

Anthony Swarts in die hof. Foto: SAPD

Anthony Swarts in die hof. Foto: SAPD

Die 32-jarige verdagte wat in Augustus in hegtenis geneem is vir die moord op ʼn Oos-Kaapse polisiebeampte, het Maandag in die hof skuld erken.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder is ao. Albie Julius (48) se liggaam op 6 Augustus in ʼn veld buite Grahamstad gevind. Anthony Swarts, ʼn verwer wat in die omgewing woon, is die volgende dag in hegtenis geneem.

Swarts het Maandag aan die hooggeregshof in Grahamstad erken dat hy Julius met opset van sy selfoon en kontant beroof het voordat hy hom verskeie kere met ʼn mes gesteek het. Hy is skuldig bevind op aanklagte van moord en roof.

Swarts sal vandag gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marianne ·

Waarom???? ‘n simple cell foon en kontant!!! Is dit dit? Hy ontneem ‘n gesin en familie van ‘n man, pa en kind. SAP lede wel van hulle doen diens uit empatie vir die gemeenskap. Hulle wil mense dien.
Dan is daar ander maar dis nie nou van toepassing nie.
Ek hoop van harte hy word swaar gestraf!
Waarom die Regeering nie die DOODSTRAF wil terug bring nie – gaan my verstand tebowe… Maar nou ja.

Bloues ·

Marianne. Ons moet BAIE mooi dink oor die doodstraf. In n land soos ons sin kan dit dalk binnekort gebeur dat die regbank deur die ANC beheer sal word. Wat dink jy gaan dan gebeur met boere wat hulself verdedig en iemand skiet ens? Nee asseblief, geen doodstraf in Suid Afrika nie want ek glo dit sal telkemale net teen sekere rasse ingestel word. Dink mooi hieroor asb

KarooKlong ·

Soms dink ek die regbank word in ‘n mate deur die anc beheer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.