Man erken hy slaan vriendin met stoel dood

Argieffoto: SAPD

ʼn Man het hom aan die polisie oorgegee nadat hy aan polisiebeamptes erken het hy het sy vriendin met ʼn stoel doodgeslaan.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê die 29-jarige man het hom Sondagoggend by die Joza-polisiestasie in Grahamstad oorgegee.

“Daar word beweer dat die verdagte Sondag in die vroeë oggendure by sy huis aangekom het. Hy en sy 20-jarige vriendin het glo in ʼn rusie betrokke geraak, waarna hy ʼn stoel gevat en haar aangerand het. Hy het haar gelos waar sy op die vloer gelê het en gaan slaap. Toe hy vanoggend [Sondagoggend] wakker word, het hy haar dood aangetref,” het Govender gesê.

Sy het gesê die vrou het erge beserings aan haar bolyf gehad. Govender wou nie onmiddellik die oorledene se naam bekendmaak nie, aangesien haar naasbestaandes eers in kennis gestel moet word.

Die verdagte sal vandeesweek in die Grahamstad-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leahim ·

Hy was seker onder die prop gewees nou is een dood en een se lewe daarmee heen tragies.

Alki ·

Wat ‘n afskop vir die 16 dae veldtog teen geweld teenoor vroue en kinders

MM ·

Zuma het nie eers opgedaag vir die veldtog nie – wat n skande vir n Suid Afrikaanse President!!

Alki ·

Wat ‘n afskop vir die 16 dae veldtog vir geen geweld teen vroue en kinders

snoefie ·

dis die norm Alki. gedurende hierdie sestien dae sien jy regtig hoe vel en vuil die euwels teen vroue en kinders is. diek siek mense wat hierdie pragtige wereld bewandel.

Hilda Kruger ·

Dit is hoekom ek my alkoholis man geskei het….ek het begin besef hy gaan my doodmaak en gaan slaap, en dan die volgende dag niks onthou…..die laaste keer toe hy my aanrand, het ek die dood gesien. Vir jare het die predikante my wil vertel ek mag nie skei nie….tot ek begin vra het “wat as dit jou dogter is wat so geskop en geslaan word?” Nogsteeds is ek gekruisig oor ek geskei het, dis hulle probleem nie myne nie. Elke keer wat ek hoor van vrou wat doodgemaak word in abusive relationship of huwelik…dan dank ek God dat ek nog lewe.

E.K. die eerste ·

MOOI so Hilda! Dis geen sonde of skande om van ‘n monster weg te kom en predikante wat dit teen jou probeer hou het…wel ek het nie eers woorde vir hulle nie. Sterkte vir jou vir die toekoms, wees trots op jouself dat jy die moed gehad het om te doen wat jy gedoen het. Jy is ‘n voorbeeld vir derduisende vroue!

Anoniem ·

Bitterlik baie dankbaar dat jy kon ontsnap uit jou lewensbedreigende omstandighede, Hilda!!! As Poppie se ma maar net ook dieselfde gedoen het, het Poppie vandag nog gelewe.

PJC ·

Hilda ek weet van ń predikant wat sy gemeentelid ń helse pak gegee het oor hy nie wou ophou om sy vrou aan te rand nie. Die ou was toe so bang dat hy dit onmiddellik gestaak het en was te skaam om daaroor te gaan klae of bang vir nog ń pak.

SjN ·

Hilda, jy moes n bottel baba olie in sy badwater gegooi het en as hy gaan bad het in so n toestand, moes jy hom disnis met n steak pan oor die kop geslaan het, sal die laaste gewees het. Sal te skaam wees om die waarheid te vertel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.