Man erken skuld ná verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 27-jarige man van Mpumalanga het Dinsdag skuld erken op aanklag dat hy sy 15-jarige meisie in 2013 verkrag het.

Themba Given Vilane van Mdladla het in die Tonga-streekshof skuld erken op ʼn aanklag verkragting, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Landdros Edgar Moletsane het aan die hof gesê hy is dankbaar dat Vilane skuldig gepleit het, eerder as om die hof se “tyd te mors”. “Nadat ek al die inligting in die dossier oorweeg het, bevind ek jou ook skuldig,” het Moletsane gesê.

Xolani Mahlalela, vir Vilane, het aan die hof gesê sy kliënt het in ʼn beëdigde verklaring skuld erken op die aanklag. “Ons het inderdaad seks gehad, want ek is verlief op haar [die slagoffer] en ek is baie jammer dat sy minderjarig is,” het Vilane gesê.

Vilane is op 9 Junie 2013 in hegtenis geneem.

Die saak hervat Woensdag vir vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.