Man ernstig beseer deur buffel

FC Prinsloo is ersntig beseer nadat ‘n buffel hom gegaffel het. (Foto: Facebook)

ʼn Beroepsjagter van Modimolle in Limpopo is in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal in Polokwane nadat ʼn buffel hom Dinsdag gegaffel het.

FC Prinsloo word na verneem word steeds onder swaar verdowing gehou nadat dokters gisteraand ure lank gewerk het om sy beserings te behandel. Een van sy longe is glo deurboor.

Sy vrou, Estelle, is by hom in die hospitaal.

Die voorval het in die omgewing van Makuya, in die noordooste van Limpopo, gebeur. Prinsloo, wat kliënte op ʼn jagtog geneem het, is beseer toe die buffel, wat glo in ʼn strik gevang is, hom gegaffel het.

Die presiese besonderhede oor hóé die voorval gebeur het, is in dié stadium nog onduidelik.

Hy is klaarblyklik per helikopter na Musina gevlieg en van daar met ʼn ambulans na ʼn hospitaal in Polokwane geneem.

Stephan van der Merwe, eienaar van Bushmans Quiver, die jagonderneming vir wie Prinsloo werk, het gesê die familie wil in dié stadium nie kommentaar lewer nie.

Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) se Bewarings-en-bemagtigingsfonds het intussen met ʼn geldinsamelingsprojek vir Prinsloo begin.

Prinsloo het nie ʼn mediese fonds nie en die geld word ingesamel om hom na ʼn private hospitaal in Polokwane oor te plaas.

“Maak asseblief julle harte oop en doen ʼn skenking vir FC. Hou hom ook in julle gebede,” het die fonds versoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Adel ·

Mag die een wat die strik gestel het gekry en beboet word. Dis eintlik na regte sy skuld dat hierdie ding gebeur het!!

Spoedige beterskap vir die man.

Lizl ·

Sterkte… ! Hoop die poachers wat die strik gestel het gaan die volgende slagoffer wees. `n Beseerde buffel is niemand se speelmaat.

Marinda ·

What happened with injuries on duty? WCA?

Wishing him a speedy recovery.

Heksie ·

Die WCA bestaan nog, maar as jy blank is, gaan dit maar treurig. Weet van ‘n man wat sedert 2017 sukkel om ‘n eis ingedien te kry, dis hierdie jaar eers gedoen.

Gaitsigubib ·

Mense soos ons wat naby aan die natuur lewe kry dikwels seer a.g.v die gevare wat ons omgewing inhou, mens verruil dit egter vir niks. Ek glo dat ons Skepper jou sal gesond maak. Sterkte aan FC en familie.

SjN ·

Klomp gewetenlose diere mishandelaars, mag hul boet, dit is mos besering aan diens wat mediese behandeling aanbetref.

Pieter Botha ·

….. n dier wat vasgemaak is aan n kabel wat staan en wag om deur “jagters” geskiet te kom word,is nie jag nie…dis diere mishandeling…

Takkie ·

Sukkel jy om te lees ou maat? Ek sal like om te sien hoe maak iemand n buffel aan n boom vas. Lees maar weer, hierdie keer met begrip

Anina Crous ·

Pieter,
Gaan lees vandag se Beeld voorblad.
Daar sal jy sien dat poachers die strik gestel het en nie die jagters nie. My neef FC was net op die verkeerde tyd op die verkeerde plek.
Hy is tans in ‘n kritieke toestand in die hospitaal en gebede vir sy volle herstel en ondersteuning vir sy ouers, vrou en familie sal nou meer waardeer word as oningeligte, kwetsende opmerkings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.