Man ernstig beseer gedurende ‘huisroof’

(Argieffoto: Nico Strydom)

’n Man is oor die naweek ernstig beseer gedurende ’n vermoedelike huisroof in Ladysmith in KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het in ’n verklaring gesê paramedici is Saterdagaand kort ná 20:00 na ’n huis in Bengalweg ontbied. Dít nadat die bure gille vanuit die betrokke huis gehoor het.

Volgens Meiring het ’n man met paramedici se aankoms op die toneel by die agterdeur van die huis gesit. Die man het ernstige beserings aan sy kop en gesig opgedoen.

Die man is op die toneel behandel voordat hy na ’n hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Die toepaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel, het Meiring gesê.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gerig en wag steeds op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lizanda ·

Verduidelik asb vir my as jy 5 oor 9 nog met jou hond stap. stop die vangwa langs jou, as jou 2 jarige kind per ongeluk aan die seesand raak het jy probleme, as jy ophou roei as jy oefen staan die polisie reg om jou te arresteer, maar huisroof, plaasmoorde en rooftogte gaan aan soos normaal, wel normaal vir SA Burgers waar is die sogenaamde mannein blou dan?????

Lourens CFG ·

Hulle is besig om die drank en sigarette wat ge-konfiskeer is te “toets”.

Gerhard ·

Die bende in blou is besig om ou tannies en kindertjies te teiken…dit is mos maklike prooi…te lafhartig vir die MANNE…

Alida ·

Ai MM hoekom die aanhalingsteken. As n vreemdeling jou perseel betree is hy daar om te roof en te moor. Niks anders nie.

Niklaas ·

Duidelik kry hierdie krimineel geen arrestasie en vervolging nie. Net hospitaal behandeling, etes en mediese sorg. Nie sleg in hierdie tye nie.

Emily ·

Kriminele het meer regte in die verdomde land as wat jy en ek het.

Sonneblomkind ·

Nou waar is die gereg nou…As jy my perseel betree sonder my toestemming….wat wil jy doen…een woord plunder en roof, hoeveel mense gaan nog moet seerkry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.