Man ernstig beseer in botsing met koedoe

Foto: ER24

ʼn 52-jarige man is ernstig beseer toe hy Woensdagaand met sy bakkie teen ʼn koedoe gebots het buite Bloemfontein.

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het die botsing op Mazelspoortweg sowat 23 km buite Bloemfontein plaasgevind.

“Paramedici het omstreeks 18:50 op die toneel aangekom waar die man buite sy bakkie rondgeloop het. Die bakkie was in die veld langs die pad.”

Die koedoe is deur die bakkie se voorruit en die man het ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel voordat hy na die Mediclinic Bloemfontein vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die koedoe is in die botsing dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

4ntj13 ·

Hoe op aarde kom ʼn koedoe naby Mazelspoort? Om hulle te mag aanhou vereis geweldige hoë wildsheinings. Op paaie rondom Griekwastad, byvoorbeeld, kan mens nie waag om na donker te ry nie, want koedoes wei dan op die paaie en sal klokslag elke keer deur mens se ruit probeer spring. Dis dus lewensgevaarlik om hulle elders ook te probeer aanhou sonder goeie wildsheinings. Of die verkeersmense moet daar ook orals waarskuwings vir bestuurders aanbring.

Robert ·

Kudus is trekbokke en raak al meer volop in die Vrystaat, so ook vlakvarke.

Nella ·

Vanaf Uitenhage tot amper in Graaff-Reinet is dit net so gevaarlik om in die nag te bestuur. Die heinings is hoog en ek het al gesien hoe die een doodstil aan die een kant van die heining staan en net so oorspring. Hy hoef nie eers ‘n aanloop te maak nie. Ons het een nag n koedoebul net-net gemis. Hulle kom veral pad toe wanneer dit droog is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.