Man ernstig beseer in kaping

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Man het ernstige beserings opgedoen toe hy erg aangerand is tydens ʼn kaping in Midrand.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man is glo in Midrand gekaap waarna die kapers na Christina de Wit-rylaan naby die Groenkloof-natuurreservaat gery het en die man afgelaai het.

Volgens Mathe het die man aan paramedici gesê dat hy aangerand is terwyl die kapers met hom rondgery het. Mathe het gesê die man het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hy na ʼn Pretoriase hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.

Die saak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.