Man ernstig beseer ná buiteband ontplof

Shall Starbuck in die hospitaal. Foto: Verskaf.

Shall Starbuck in die hospitaal. Foto: Verskaf.

Shall Starbuck (20) van Middelburg in die Oos-Kaap het moontlik permanente skade aan sy oë opgedoen nadat ʼn vragmotor se buiteband in sy gesig ontplof het.

Starbuck, ʼn werktuigkundige by ʼn motorhawe in die dorp, het Maandag glo sweiswerk aan ʼn vragmotor se wielvelling gedoen toe die buiteband ontplof het.

“Die buiteband het in sy gesig ontplof,” het Starbuck se suster, Marissa, Woensdag aan Maroela Media gesê. “Sy veiligheidsbril het gebreek en die glasstukke het in sy oë in geskiet.” Hy het ook beserings en brandwonde aan sy gesig en arms opgedoen. Sy een arm is gebreek en sy hand is vergruis.

Starbuck is ná die ongeluk na ʼn hospitaal in die dorp gehaas, vanwaar hy met ʼn ambulans na die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth geneem is. Marissa het intussen met haar broer se werkgewer gereël dat Starbuck na die Green Acres-privaathospitaal oorgeplaas word vir verdere behandeling.

“Hy is in baie goeie hande, en sy dokter is tevrede met sy vordering tot dusver. My ma Reynette, waak by sy bed. Die swelling op sy gesig het al gesak, en hy kan bietjie praat, maar die dokter is nog onseker oor sy oë. Tyd sal leer of daar permanente skade is. Hy kan dalk sy regteroog verloor.”

Dit is in die stadium nog nie bekend hoe lank Starbuck behandeling sal moet ondergaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SNEL ·

Dis vreeslik en hy is nog so jonk! Dit moes vreeslik seer gewees het. Bid vir jou, mag daar 100% herstel in jou oë wees. Sterkte!!!

Belinda ·

Baie hartseer storie om te lees maar ek glo die Vader is en sal hom gesond maak hy sal uit die Hospitaal kom met geen wonde nie………………………

Paplepel ·

Hoe sweis jy aan ‘n wielvelling met ‘n gepompde band daarop???? Het die man ooit opleiding gehad om die gevaar in te sien? Hier moet ‘n klomp koppe waai. Wie het besluit om die kortpad te vat? Was dit sy baas of het hy gedink die baas sou nie sien nie?
Sterkte Shall, hoop jy word gou gesond.

Aster ·

Siestog, Di’s hartverskeurend! Kom ons hoop sy oë bly behoue.

Peter Says ·

Paplepel…Stem, Dit SKREEU OPLEIDING !!!! Sterkte Shall, vertrou jy gaan volkome herstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.