Man ernstig beseer ná sy hand in snippermasjien vassit.

Argieffoto: Netcare 911

’n Man (22) is vanoggend ernstig beseer in ʼn industriële ongeluk in Vanderbijlpark.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het vanoggend plaasgevind.

“Daar is aan ons paramedici verduidelik die man se hand is beseer terwyl hy met industriële masjinerie gewerk het. Sy hand het glo in ʼn snippermasjien vasgeval,” het Dollman gesê.

Sy regterhand is uit die masjien bevry voor die paramedici by die toneel opgedaag het. “Hy het baie beperkte beweging in sy hand gehad,” het Dollman gesê.

Die man is deur Netcare 911 se paramedici behandel wat hom pynmedikasie toegedien het omdat hy in ongelooflike pyn verkeer het. “As gevolg van die ernstige aard van sy beserings en die behandeling wat die man nodig gehad het, het ons die mediese helikopter gebel om hom te kom haal.”

Die pasiënt is na ʼn traumahospitaal in Johannesburg geneem vir die behandeling wat hy benodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.