Man ernstig beseer na trekker omslaan

Foto: ER24

Foto: ER24

‘n 34-jarige man is ernstig beseer nadat die trekker waarop hy gery het, op ‘n plaaspad naby Botha’s Hill buite Hillcrest in KwaZulu-Natal omgeslaan het.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê die man het rugbeserings opgedoen en is op die toneel behandel.

Hy is na die R.K. Khan-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Majija sê die man was onder die trekker se sleepwa vasgekeer.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.