Man ernstig beseer in ongeluk; hospitaal glo traag

Stefan in die hospitaal. Foto: Verskaf

Stefan in die hospitaal. Foto: Verskaf

Die gesin van ‘n jong man het ‘n klag by die Verre Oos-Rand-hospitaal ingedien nadat hy ernstig beseer is in ‘n motorfietsongeluk en glo nie die nodige behandeling ontvang het nie.

Stefan le Grange (28) is Vrydagoggend ernstig beseer in ‘n motorfietsongeluk in Athloneweg in Brakpan. Jillian le Grange, Stefan se suster, sê paramedici was vinnig op die toneel en het haar broer na ‘n plaaslike kliniek geneem waar hy gestabiliseer is. “Hy is toe na die Verre Oos-Rand-hospitaal se ongevalle-afdeling geneem vir verdere behandeling.”

Le Grange sê haar broer moes in ‘n saal lê wat slegs plek vir twee beddens het en was die gevolg dat hy halfpad in die gang gelê het. “Daar is x-strale gedoen en vasgestel dat sy linkerarm gebreek is en dat sy pelvis ook op twee plekke gebreek is.” Le Grange sê haar broer het ook van erge pyn gekla in sy linkerbeen maar dat daar niks hieraan gedoen is nie. “Die verpleegsters het vir ons gesê dat ‘n dokter slegs ingeroep word vir noodgevalle en dat Stefan maar tot Maandag sal moet wag.”

Le Grange sê die verpleegsters het hulle sleg behandel en was ongeskik. “Ons moes self later Stefan se klere waarmee hy in die ongeluk was verwyder en hom self bad. Hy het ‘n kateter ingehad wat nie skoongemaak of geruil is nie en die beddegoed waarop hy moes slaap was vuil en smerig. Ons het beddegoed van die huis af gebring.”

Le Grange het aan Maroela Media bevestig dat Stefan intussen Maandagoggend deur ‘n dokter ondersoek is. “Hulle gaan nou toetse doen om te kyk of daar interne bloeding is. Hulle gaan ook weer x-strale doen en hy ontvang antibiotika. Die dokter sê sy arm gaan geopereer moet word maar dat die teaterlys baie lank is en Stefan moontlik lank gaan moet wag.”

Le Grange sê hulle het ‘n klag by die hospitaal ingedien rakende die behandeling wat Stefan ontvang het. Maroela Media het die hospitaal gekontak vir kommentaar en wag op terugvoer.

Die Verre Oos-Rand hospitaal was die afgelope paar jaar verskeie kere in die nuus oor beweerde nalatigheid en swak diens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Elmarie ·

Dankie dat julle die inligting plaas! Ek kan ook eerstehands getuig van patetiese diens by die George Mukhari hospitaal in Garankuwa waar my skoonmoeder oorlede is omdat sy kwansuis nie ‘n “noodgeval” was nie! En toe BARS HAAR GALBLAAS EN HET SY DIE VERSKRIKLIKSTE pyn gehad! Dit is tyd dat AL hierdie staatshospitale nou vasgevat word!

Ria Maritz ·

Van my kant af bevestig ek ook dat een van Front Nasionaal se leiers, by name Gordon Fox, self hospitaal toe gery het om die gesin by te staan en ‘n suster daar te woord gestaan het oor die hulp en diens (wat nie bestaan het nie). Daar is ook ‘n video daarvan gemaak.

ELMARIE : George Mukhari is een van die mees patetiese hospitale – die personeel lyk of hulle die pasiënte is, geen trots in hul werk, geen haastigheid in die stap nie. Ek was eendag daar, van 2 uur die oggend tot 7 uur ALVORENS die pasiënt uiteindelik geholpe geraak het.

Net so erg was die bloed teen die mure, die kleedkamers was bemors, toilette buite werking – SIES !

Petro Pelser ·

My skoonmoeder is ook oorlede in n staatshospitaal, en ook weens n gebrek aan belangstelling, sy het n beroerte gehad en ons haar probeer water gee maar kon ni eers n slukkie vat sonder om te verstik ni, verder het sy di hart medikasie gedrink, en volgens hul het sy dit gedrink. Haha. Volgende oggend bel ons hul sy sy oky sy praat net ni met hul, maar sy het n beroerte gehad, dai oggend 10 uur was sy oorlede volgens hul, ons was buite di hospitaal, toe ons ingaan was sy al koud. So ek se hul het haar dood veroorsaak.

Belinda ·

Sit asseblief mense in poste wat wil en kan werk en stel Dr aan wat ook kan en wil werk daar is so baie ongevalle by staatshospitale waar kan hulle n Dr net kontak op so storie n Dr moet altyd op diens wees dis waarvoor hulle betaal word dis hoekom hulle selarisse verdien om te werk nie om te speel nie……………..

emile ·

Dis gaaf dat MM sulke inligting plaas,maar moet ons die gru-fotos van die persone in ‘n hospitaalbed sien? Dieselfde geld vir die artikel oor die 13 jarige Vince Viljoen wat oorlede is. M.i. is ‘n gesigsfoto van die slagoffer voldoende.

Allet Venter ·

Emile, nou wil jy oe toeknyp vir dit wat die werklikheid is. kom by man.

steven ·

I’ve lost an uncle in one of these government hospitals. There is just no accountability.

maryke ·

My vriend was in n voorval betrokke gewees die 21ste April. Was by plaaslike kliniek gewees waar daar kontant moes betaal word net om hom te stabiliseer. Vandaar het ons meer as n uur gewag vir n ambulans om hom te vervoer na Verre Oos Rand. Ons het by VOR aangekom net voor 12 die aand – hy is daarheen vir verwys vir n MRI scan – hy moes in n rolstoel sit – nie eers in regdenkende toestand tot amper 3 uur die oggend waar sy familie n kombers en kussing van die huis af gebring het – ons het hom in die “trauma eenheid” self laat le. Daar was GEEN aandag of bystand aan hom gegee tot die oggend toe – GEEN MRI scan is gedoen hys heen en weer in sy toestand die hospitaal gestuur en daarna ontslaan. Hy is steeds nie 100% en met n verwysings brief van n DR kan mens nie eers JHB algemeen toe gaan nie wat Verre Oos Rand moet verwysing stuur en rede hoekom MRI scan nie gedoen was. Mens is nie eers net n nommer daar – hulle voel absoluut niks vir mens se welstand! PATETIES!!!!!!!!!!!!!

marna ·

Kan iemand van maroela media my kontak. Ek sal hulle vertel wat die familie moet doen

Bianca ·

hi. ek kan getuig oor hoe swak verre oos is, let wel verre dood soos ons dit ken. my ouma was besmet met kanker en volgens die dokters was dit haar blindederm, hy is verwyder en sy is nie lank daarna nie oorlede a.g.v die kanker wat toe alles oorgevat het. sy het slegs panado’s gekry vir pyn en geen behandeling vir die kanker nie, sy moes ook meer as 36 uur in ongevalle le, nadat hulle in so toestand huistoe gestuur het. My oom is so maand of wat ook daar opgeneem. oorkant hulle het n ou oom gele met n suurstof pyp in sy keel en die suurstof gedeelte was heeltemal af, ons het hom self gehelp anders het hy heel moontlik versmoor. my skoonma se pa was daar by ongevalle en toe sy wil gaan hoor wanneer hulle hom kan opneem hoor sy hoe se die susters : is die wit man daar voor al dood of moet ek nou regtig die moeite doen om hom op te neem, ek dink ons los hom nog so rukkie, ook nadat hy n goeie 12 ure daar moes wag. Met my oom daar was daar was 8 bedens in n plek vir slegs 4. almal was vreeslik opmekaar. dan wil ek nie eers praat van die badkamers en kos nie. ek sal nie eers my “worst enemy” daarheen verwys nie. Jy moet weet dis pateties as jy net wil bad as j kla da was en so vuil voel, en n hospitaal moet mos vreeslik skoon wees. die mense in ongevalle sit in toue, gooi op net daar en bloei net daar en dit bly daar. wens daar kan iets omtrent dit gedoen word, en gou!!!!!

Peter Says ·

Pateties, probleem is, die privaat hospitale raak net so erg.

PURE BOER ·

Hi Peter.
Ek wil nou nie babel bars nie, maar ek glo jy weet nie waarvan jy praat nie.
Ek werk vir Life Carstenhof Clinic en Carstenhof is n Hotel van n Hospitaal. Doen jou self n guns en kom maak n draai. Hier word na pasiente gekyk en om gesien.

Peter Says ·

PB, ek woon in die WP, hier is nog goeie staatshospitale in die provinsie, ek skeer nie almal onder dieselfde kam nie, ek glo jou , op die einde van die dag gaan dit om die “bestuur” van n besigheid-glo my, daar is donker dinge aan die gang in die privaat sektor.

Tersia ·

Hierdie skokkend, ons het die naweek ‘n soorgelyke ervaring gehad in Polokwane staats hospitaal. Daar is nie eers beddegoed nie. Verder toe die kind naar word was daar nerens ‘n stukkie papier of enige iets om dit op skoon te maak nie. Die verpeegpersoneel kyk jou net aan as jy hulp vra. Dit was toe dat die werklikheid my tref. Hierdie mense werk onder haglike toestande en moet die pasiente met die minimum fasiliteite behandel. Hulle het niks om dit beter te maak nie, en word deur pasiente en familie aangevat. ( ek verstaan dit) Dit is mense wat met mense lewens werk en ten eerste nie gekwalifiseer is nie en tweedens het hulle nie die medisyne of die nodige toerusting om dit te doen nie. Die massas word behandel en onder daardie omstandighede bly hygiene ver agter dit is ‘n worsmasjien. Dokters is oorwerk en elke mens is ‘n nommer. Die menslike faktor sien hulle nie meer nie, en sodra hulle Zuma 2 jaar verby is, is hulle weg. Ek is saam met almal woedend as mens dit sien. Maar ons moet ons stem op die regte plek laat opkom. Neem fotos en wys dit in die wereld pers nie op ‘n Afrikaanse media nie. Ons weet….. wat ons sien, maar die regering van die dag moet aan die wereld aan die kaak gestel word.

estelle ·

ek sal nie my grootste vyand verre oos rand hospitaal toe vat nie, my pa is daar oorlede agv hulle nalatigheid! het ‘n verslag ingedien by die superintendent van die hospitaal en dit het baie gerieflik net doodgeloop! hulle is PATETIES verby!!!! en soos met Stefan het ons nie my pa daarheen geneem nie, ‘n ambulans het! hoekom is die eerste keuse verre oos, die VERKEERDSTE keuse?? hulle is USELESS

mvr brakpan ·

We’ll traag is nie die woord nie. My skoonpa by vere oos gehaat 21 may. 12 uur. Hy het sentome gehaat van hart aanval. Hulle het hom op stretser gelos vir vier ure. Half vyf exreys gevat. Voor vyf insyting ge gee en penados. En huis toe gestuur. Ek het hom van vere oos af bbh hospitaal toe gevat waar hulle n klomp toetse op hom gedoen het en hulle agter gekom het dat sy hoof aar in sy lyf opgeblaas het soos n balon en klomp bloed klonte in sy lyf het. Hy het weer n hart aanval gekry daai aand het baie verswak en is die volgende dag oorled.e. Wil net vir bbh se dankie vir julle help word wardeer. Vere oos kan maar hulle deure sluit want hulle mors die staat se geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.