Man ernstig beseer toe arm in roller beland

Die man se arm het in ‘n fratsongeluk in die masjien beland. (Foto: Netcare 911)

ʼn Netcare-helikopter het ʼn man Woensdag inderhaas na ʼn hospitaal geneem, nadat sy arm in ʼn stuk masjinerie beland het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 16:00 na die perseel in Kirkney, in die weste van Pretoria, ontbied.

Die 28-jarige man het vermoedelik gegly en sy linkerarm het in die masjien beland.

Veiligheidsbeamptes by die onderneming het paramedici gehelp om die masjinerie te beveilig sodat hulle die werker kon bevry.

Herbst het gesê die man het ʼn ernstige vergruisingsbesering opgedoen en het gevorderde lewensondersteuning benodig om hom te stabiliseer.

Weens die aard van sy beserings is hy na ʼn spesialisfasiliteit gevlieg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mellivora ·

Pop, die “vergruisingsbesering” was nie in die berig toe ek my kommentaar gelewer het nie.
Het net Maroelamedie probeer help en het gehoop dat hulle my kommentaar sou verwyder nadat hulle die regstelling gemaak het maar hulle wil my nou skynbaar na ‘n aap laat lyk.

Mm ja nee ·

As arbeid wette reg verstaan word en sodanig implimenteer word dan kan baie sulke grusame ongelukke voorkom word. Ons werksmag moet bewus wees van wat in die wette geskryf staan en vrymoedig met hulle werkgewers kan kommunikeer veral as daar gevare is.. Werkgewers moet luister na hul werkers veral waar gevare uitgewys word en korrektiewe aksie neem… Sterkte aan daar die persoon met sy herstelpad vorentoe… Ter na gedagte, ek wonder of dit nog n geskoolde persoon uit die werksmag is, daar is dan voor die hand liggende kostes daar aan verbonde ook..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.