Man ernstig beseer toe gassilinder ontplof

Foto: Netcare 911

ʼn Man het Saterdagmiddag ernstige beserings opgedoen nadat ʼn gassilinder in sy huis in Germiston ontplof het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het na die man se huis in die Klippoortjie-omgewing gehaas.

Die man het ernstige brandwonde oor sy hele lyf opgedoen toe die gassilinder ontplof het.

“Die man is op die toneel behandel en gestabiliseer voor hy in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.”

Die ontploffing het groot skade aan die huis aangerig. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Donderstorm ·

Op indistriele gas toerusting gebruik mens flashbacks waarom is dit nie ook op gewone huis gas toerusting van toepassing nie? Ek persoonlik het al gesien hoe n bottel brand binne n huis binne n paar sekondes was die kombuiskas verkool danksy God het hul die bottel met badwater geblus mens kan nie glo hoe die huis se ruite gebewe het nie dit het leterlik n geluid gemaak as die bottel te warm raak ontplof hy.

Kuben Blisk (@kubenapex) ·

Die industriele gastoerusting waarvan Donderstorm praat is seker die Aseteleen en Suurstof silinders? Want LP gas bevat geen los suurstof nie, en dus kan ‘n “flashback” niks maak nie. ‘n Lek is ‘n ander storie natuurlik.

Anoniem ·

Flashback arrestors werk nie as jy jou gasbottel op die stoofplaat sit wat jy wou gebruik toe die krag aan was en dan vergeet om die plaat af te sit voor die krag weer aankom. 99% is dit wat gebeur. Ek se nie dit is wat gebeur het in die geval maar handigas bottels ontplof nie sommer tensy dit blootgestel word aan oormatige hitte.

Net se ·

Hi
Moet net nooit weer water op gas vlam gooi nie.Gebruik n DPC extinguisher

humor ·

U se groot skade aangerig. Die huis is dan geheel en al vernietig.

Drien ·

O aarde. Nou is ek bang. Hoe gebeur dit. Ek het gasstoof en gasverwarmer. Hoe voorkom mens so iets.

Blommie ·

Drien dis hoekom mens Gas COC’s (Certificate of Compliance) kry en versekering maatskappy vereis dit.
Laat gesertifiseerde gas maatskappy inspeksie kom doen, aanbevelings doen indien nodig en sertifikaat uitreik.

HPV ·

Dankie Blommie, baie goeie raad. Ek gaan persoonlik werk maak daarvan, die winter is op hande dan stof ons die verwarmers af.

Bollie ·

Ja vra R2000 – R3000 om na jou huis te kom vir n paar pypies en n sertifikatjie wat nie veel beteken as die een nie weet wat hy doen nie

anton ·

Die kanse is goed dat die gas bottel op n elektriese stoof plaat geplaas is en toe die Eskom krag weer aankom, was die plaat nooit afgeskakel nie en het die silinder begin warm word en ontplof.
Gas toerusting is oor die algemeen baie veilig maar mense is gewoontelik maar nalatig.

Poppie ·

Blommie, die versekering is nie gepla indien dit n kleiner gasbottel is nie. Sodra dit (ek dink meer as 19kg is) dan moet dit buite in n mesh hok toegesluit word.

Hans ·

Ongelukke gebeur baie maklik, selfs ‘n spuitkannetjie onder druk kan erge beserings en skade veroorsaak as dit sou ontplof. Veiligheid bly maar eerste linie in voorkoming strategie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.