Man ernstig beseer toe hy deur dak val

Argieffoto

ʼn Man is ernstig beseer toe hy sowat 10 m ver deur die dak van ʼn fabriek in Meyerton in Gauteng geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn onderneming in Mariusweg plaasgevind.

“Soos wat verstaan word, het die man op die dak gewerk toe hy sy balans verloor en geval het,” het Meiring gesê.

Paramedici van ER24 en die provinsiale nooddienste is na die onderneming ontbied en na die fabriek gelei waar hulle die man aangetref het.

“Hy is dadelik ondersoek en het verskeie ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel waarna hy met ʼn helikopter na die Medi-Clinic Vereeniging geneem is vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

peertjies ·

Nou waar was die man se veiligheids harnas wat hy aan moes gehad het…..hier gaan iemand weer slae kry.

Aijaijai ·

Peertjies, jy weet mos, net soos verkeersreëls, is veiligheidsreëls, of dan nou maar “health and safety” opsioneel, slegs ‘n voorstel…… Maar dat iemand nou iets oorkom oor dit (beide) nie gevolg word nie, dan is dit ‘n vreeslike tragedie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.