Man ernstig beseer toe hy uit trok spring

Foto: ER24

ʼn Man is Woensdagoggend ernstig beseer toe hy op die N3 naby die Peter Brown-afrit in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, uit ʼn bewegende vragmotor gespring het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die vragmotor gevind waar dit oor die middelman van die snelweg op sy kant lê. Volgens Meiring het daar ʼn brand in die kajuit van die vragmotor ontstaan, wat vermoedelik die rede is hoekom die bestuurder uit die voertuig gespring het.

Die vragmotor het kort daarna omgeslaan.

“Twee van die paramedici het brandblussers gebruik om die vlamme te blus, terwyl nog ʼn paramedikus hom na ʼn man ʼn ent verder weg gehaas het,” het Meiring gesê. Hy het gesê ʼn ander ambulansdiens was reeds besig om die man te behandel. Die man het veelvuldige beserings opgedoen en was in ʼn ernstige toestand.

Die man is op die toneel vir pyn behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

Die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Kwaai man probeer nie eens die trok net tot stilstand te bring nie. Wat as daai trok n aankomende voertuig getref het met se 20 passasiers in. Sou se die drywer is nie bevoeg om trok te bestuur nie.

PJC ·

Stem saam Danien. Hierdie ou moes die vragmotor probeer stop het voordat hy uitgespring het. In my oë was hy totaal onbevoeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.