Man ernstig beseer toe hy van vragmotor afval

‘n Gespesialiseerde lugambulans is na die toneel ontbied. Foto: Verskaf.

ʼn 61-jarige man het ʼn ernstige kopbesering opgedoen ná hy geval het terwyl hy houers met eiers agter op ʼn vragmotor gepak het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 13:09 in Randfontein plaasgevind.

“Die man het ʼn ernstige kopbesering sowel as ʼn besering aan sy nek en skouers opgedoen. Weens die aard van sy beserings is die Netcare- gespesialiseerde lugambulans na die toneel ontbied. Dit het in ʼn veilige omgewing op die plaas geland,” het Herbst gesê.

Die man is na ʼn gespesialiseerde trauma-eenheid in Johannesburg geneem vir mediese noodbehandeling.

‘n Gespesialiseerde lugambulans is na die toneel ontbied. Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Wie of wat is kriteria tot die gee van goedkeuring tot nood lug vervoer, mediese fondse is uiters streng en behels vooraf magtiging of kontant deposito alvorens opgestyg word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.