Man ernstig beseer toe sementtrok omslaan

Die sementvragmotor wat omgeval het (Foto: Verskaf)

’n Man is Vrydagoggend per helikopter na ’n hospitaal geneem nadat die sementvragmotor wat hy bestuur het op die R102 tussen Ottawa en Phoenix-Noord in Durban omgeslaan het. Nooddienswerkers moes ingespan word om die man uit die vragmotor te kry nadat hy’n hele ruk lank daarin vasgekeer was.

Netcare 911, Reaction Unit South Africa (Rusa), KZN VIP Medics, die Durbanse metropolisie en die Ethekwini-brand- en reddingsdienste is omstreeks 11:30 na die toneel ontbied.

Die vragmotor is gedeeltelik deur ’n insleepvoertuig opgelig sodat die man vanuit die wrak bevry kon word (Foto: Verskaf)

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê volgens berigte het die man beheer oor die Mercedes Benz-sementvragmotor verloor, wat daartoe gelei het dat die voertuig omslaan.

Prem Balram, woordvoerder van Rusa, sê die vragmotor is gedeeltelik deur ’n insleepvoertuig opgelig sodat nooddienswerkers en lede van die Ethekwini-brand- en reddingsdienste die man uit die wrak kon bevry.

Volgens Herbst het die man ernstige beserings opgedoen en is hy op die toneel deur paramedici behandel. Hy is daarna per helikopter na ’n spesialisfasiliteit geneem vir verdere mediese sorg.

Netcare 911, Reaction Unit South Africa (Rusa), KZN VIP Medics, die Durbanse metropolisie en die Ethekwini-brand- en reddingsdienste is omstreeks 11:30 na die toneel ontbied (Foto: Verskaf)


Volgens berigte het die man beheer oor die Mercedes Benz-sementvragmotor verloor (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JM ·

Wat is dit met vragmotorbestuurders? Óf hulle het nie die nodige bestuursopleiding nie, óf hulle jaag. Vragmotors het al op die snelweg by my verby gejaag, dat dit lyk asof ek stilstaan.

Ovelia ·

Al die ongelukke met trokke… ek dink dis spoed.. as mens sien hoe jaaghulle

ONTPS ·

Die nuwe trokke kan nie jaag nie, hulle is almal ge”cap” by die fabriek om net 80km per uur te kan ry, hulle kan nie vinniger nie. Ek werk in die bedryf

Misky ·

Dan is hier seker baie ou trokke in Durban, want hulle almal jaag ‘n stink spoed!!!

Cherokee ·

Lol.. tog waar Misky. Lekker om te hoor jy woon ook hier. :-)

Ovelia ·

Wens ek kan n foto wys wasr n trok vdag deur Pines Antique gery ht. Dit jaag mos net. Dis hier in Parys

marie ·

Stem saam dit is beslis spoed kan nie glo die trokke jaag so …..en ry so op die ander se gat…glo nie hulle kan stop as daar iets gebeur nie!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.