Man ernstig beseer toe weerlig hom tref

Argieffoto (Foto: CorinnaST, Pixabay)

ʼn 47-jarige man het ernstige beserings opgedoen toe ʼn weerligstraal hom in Bethal, Mpumalanga getref het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het Saterdagmiddag omstreeks 17:00 by die toneel aangekom. “Hy is ernstig beseer en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.”

Die man het vermoedelik 3,5 m van ʼn landbou-implement afgeval toe ʼn weerligstraal die toerusting getref het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.