ʼn Man is Woensdagmiddag ernstig beseer toe hy by ʼn sandbank op die Mtwalumi-strand aan die suidkus van KwaZulu-Natal afgespring het.
“Die man wou glo by die groot sandbank afspring, toe sy been onder hom meegee en hy ʼn fraktuur opgedoen het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die man is op die toneel gestabiliseer en paramedici moes hom deur die water en oor rotse na die ambulans toe dra.”
Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Pilatus dos santos
Ok maar lekker dom.